Google verban gou reklame vir kriptogeld
Google gaan van Junie af advertensies wat kriptogeld bemark en ander hoogs riskante finansiële produkte soos verskilkontrakte verbied.
Scott Spencer, Google se direkteur van volhoubare advertensies, het Woensdag in 'n verklaring meer inligting gegee oor wat daar sedert verlede jaar gedoen is om misleidende advertensies hok te slaan.
Hy sê in die verklaring Google pas gedurig sy beleid aan as nuwe bedreigings vir verbruikers kop uitsteek.
Verlede jaar het Google 28 nuwe beleidstellings vir adverteerders en 20 beleidstellings vir uitgewers uitgereik.
Vanjaar gaan verskeie van die beleidstellings aangepas word om advertensies oor ongereguleerde of spekulatiewe finansiële produkte soos binêre opsies, kriptogeldeenhede, valutamarkte en verskilkontrakte (“CFD's”) te beheer.
As jy nou soek op Google vir “binary options” en “buy bitcoin”, lewer dit vier advertensies onder die topresultate.
Bloomberg berig Facebook het in Januarie 'n soortgelyke stap ten opsigte van kriptogeld geneem.
Die nuwe beleidstelling wat kom is aangekondig nadat hy sy jaarlikse verslag uitgereik het wat toon hoeveel kwaadwillige, bedrieglike en omstrede advertensies hy verwyder het.
Volgens Google het hy in 2017 sowat 3,2 miljard advertensies van die web verwyder.
Spencer sê dit is meer as 100 slegte advertensies per sekonde.
Dit is amper dubbel die 1,7 miljard advertensies wat hy die vorige jaar verwyder het.
– Netwerk24/Bloomberg,
bygewerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie