• Tuisblad
  • Sake
  • Google, Tesla wil Puerto Rico ná orkaan help
Google, Tesla wil Puerto Rico nu00e1 orkaan help
Google, Tesla wil Puerto Rico nu00e1 orkaan help

Google, Tesla wil Puerto Rico ná orkaan help

Nadat orkaan Maria verwoesting in Puerto Rico veroorsaak het, het Google ’n plan om vinnig weer toegang tot selfoonnetwerke te herstel met reuse- sonaangedrewe ballonne.

Amerika se federale kommunikasiekommissie (FCC) het Vrydag vir Alphabet, Google se houermaatskappy, die groen lig gegee om dié ballonne wat hy reeds in 2013 bekendgestel het, dáár te ontplooi.

Die FCC sê sowat 83% van die selfoontorings is nog steeds buite aksie nadat orkaan Maria Puerto Rico op 20 September getref het.

Alphabet noem die tegnologie Projek Loon.

Die ballonne word hoog in die lug ontplooi en tegnologie maak dan van sonaangedrewe krag gebruik.

Dié ballonne is ontwerp om toegang tot die internet te verbeter.

Alphabet sê egter hy het reeds met gelisensieerde netwerkverskaffers onderhandel om hul diens met behulp van die ballonne weer op dreef te kry.

Hy waarsku dit sal net ’n beperkte diens wees.

Buiten vir Alphabet se hulp sê Ricardo Rossello, die goewerneur van Puerto Rico, hy praat ook met die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, om sonkragstelsels en batterye na Puerto Rico te stuur. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-06-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer