Google sal van jou inligting uitwis, mits jy vra
Die inligting ter sprake is waar die gebruiker hom of haar bevind en waarna hulle op die internet gesoek het.
Google laat gebruikers nou toe om hul profiele só op te stel dat sekere persoonlike inligting ná ’n ruk outomaties uitgewis word.
Dit is nou as die profiel nie gestel is om die inligting van die begin af te berg nie. Die inligting ter sprake is waar die gebruiker hom of haar bevind en waarna hulle op die internet gesoek het.
Die nuwe stelling laat gebruikers toe om te kies of die inligting na drie of 18 maande uitgewis moet word.
Google sukkel reeds ’n geruime tyd daarmee om gebruikers en reguleerders te oortuig dat hy hul privaatheid respekteer en dat hy alle inligting wat hy oor hulle insamel veilig bewaar.
Hy het Google Plus in 2018 gesluit nadat dit op die lappe gekom het ’n fout op dié sosialemediaplatform het die persoonlike inligting van meer as ’n halfmiljoen gebruikers laat uitlek.
Google en Facebook het van die waardevolste maatskappye tot nog toe geword deur miljarde brokkies inligting van miljarde mense in te samel en dan advertensies te verkoop wat spesifiek op hulle gemik is. Politici, verbruikers en voorstanders van privaatheid reg oor die wêreld bevraagteken dié sakemodel en vra of dit die moeite werd is om persoonlike inligting prys te gee in ruil vir die dienste wat die maatskappye lewer.
Facebook het ook voorheen belowe hy sal dit moontlik maak om sommige persoonlike inligting uit te vee. Dié funksie bestaan egter nog nie op die platform nie.
– Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie