Gondwana, Hollard in hof
Gondwana, Hollard in hof

Gondwana, Hollard in hof

Die versekeringsreus sê hul Covid-19-verligtingsfonds staan tans op N$60 miljoen.
Sanet de Waal
Francoise Steynberg



Gondwana Collection Namibia en Hollard Namibia sien mekaar in die hof op 31 Maart.

“Gondwana gaan Hollard dwing om sy verbintenis onder hul versekeringseis te eer,” lui 'n media­verklaring van Gondwana wat Vrydag uitgereik is.

Gondwana sê die hofsaak spruit uit versekeringsverliese wat die toerismemaatskappy gely het weens die Covid-19-pandemie, die noodtoestand en gepaardgaande maatreëls wat deur die regering geïmplementeer is.

“Die hofaansoek hou verband met die dringende hofaansoek wat op 3 Maart ingedien is, maar word nie geraak deur die skrapping van die dringende aansoek van die hofrol nie,” lui die verklaring.

Gondwana se dringende aansoek verlede Woensdag is minute voor dit by die Windhoek-hoërhof ingedien is van die hofrol verwyder. Gondwana het Hollard en die marknavorsingsmaatskappy Vision Africa daarvan beskuldig dat hulle persoonlike ­vertroulike inligting van ­Gondwana se gaste gebruik het om 'n opname te doen.

Hollard Namibia het ook Vrydag in 'n mediaverklaring verduidelik die assessering van eise van besighede wat tydens Covid-19 onderbreek is, is 'n ingewikkelde proses.

“Die assesseringsproses van hierdie eise was onlangs in die openbare kollig, veral met die fokus op die regte van 'n versekeraar om kliënte se eise te ondersoek, sonder om die land se privaatheidswette in die wiele te ry,” sê mnr. Sam Kauapirura, Hollard se hoof van korporatiewe kommunikasie.

“Hollard erken die erge ekonomiese skade, asook die vrees, pyn en hartseer wat so baie Namibiërs ervaar het weens die nasionale en internasionale inperkingstyd, asook die verwoestende impak op kleiner besighede,” het hy gesê.

Hy sê dit is waarom Hollard hul verantwoordelikheid baie ernstig opneem om alle geldige eise te betaal en verpligtinge volgens die polis­kontrak na te kom.

“As 'n leier in die versekerings­bedryf kan en sal Hollard Insurance Namibia nooit vertroulike kontrakbesonderhede of van enige van ons meer as 300 000 polishouers in die openbare domein bekend maak nie,” het ­Kauapirura beklemtoon.

Hy sê die doeltreffende assessering van enige versekeringseis, ongeag van die kategorie van versekering, vereis noue samewerking tussen die ver­sekeraar en die versekerde.

“Daarbenewens het die proses omvattende regstoesig gehad om te verseker dat ons aan die privaatheidswette voldoen, sonder om die versekeraars se regte om die eis te ondersoek, te benadeel.”

Kauapirura sê Hollard neem hul toewyding aan Namibiërs ernstig op en het aktief gewerk om te help met verligtingspogings om beide die lewens en lewensbestaan van hul kliënte, werkers en gemeenskappe te beskerm wat deur die pandemie geraak is.

“Covid-19-verligtingsmaatreëls sluit in premieverligting, aktiveringsinisiatiewe vir toerisme en ons werk tans aan die ondersteuning van die verkryging van entstowwe.” Volgens ­Kauapirura staan Hollard se Covid-19-verligtingsfonds tans op N$60 miljoen. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.42 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%