Gold Cup: Vriendskap wag tot ná eindfluitjie
Klubrugby
Andrew Poolman - Klubrugby op sy hardste, maar lekkerste word môre by die Wanderers-veld in Pionierspark uitgestal in FNB Wanderers se eerste tuiswedstryd in die Gold Cup.
Op die afskoptyd om 15:30 teen Northam Platinum Rhinos (die Limpopo-provinsie se kampioenklub) word geskiedenis gemaak in die gewilde kompetisie vir oop klubs.
Dit is die eerste naweek dat twee wedstryde buite Suid-Afrika se landsgrense gespeel word (Windhoek en Harare).
JP Nel se Wit Hingste het twee ligapunte verseker toe hulle twee naweke gelede in Johannesburg met net 26-28 teen Pirates (die Goue Leeus se verteenwoordiger) die knie moes buig.
Met die gasheerklub wat môre baie naby aan sy sterkste span dié seisoen in die veld stoot, behoort Wanderers die gunsteling te wees om die Rhinos hul derde nederlaag op ’n streep toe te dien.
Die Limpopo-span het reeds twee nederlae gely – met 19-46 teen Rustenburg Impala (Mpumalanga) en daarna 24-51 teen Pirates.
Hierteenoor sal Wanderers nie oor dié vyf ligapunte kan onderhandel indien hy in die wedloop vir die kwarteindrondte wil bly nie.
Die terugkeer van die slot Nico Esterhuyse sal ’n groot hupstoot vir die Windhoekers se lynstaanspel beteken. Spesiale aandag sou glo gisteraand nog gegee word aan die skrumwerk wat in Johannesburg soms onder druk verkeer het.
FNB Wanderers: 1 Nian Berg, 2 Gerhard Lotter, 3 AJ de Klerk, 4 Alberto Engelbrecht (k), 5 Nico Esterhuyse, 6 DG Wiese, 7 Ruan Kitshoff, 8 Stef Botha, 9 Enem Kritzinger, 10 Mahco Prinsloo, 11 Deselvano Beukes, 12 Francois Wiese (o.k), 13 Heinrich Smit, 14 Phillip Nashikaku, 15 Léan Stoop.
Reserwes: Theo Coetzee, Shaun du Preez, Schalk Bergh, Dirk de Meyer, Malcolm Moore, Heico Prinsloo, Zaynor Platt.
Toegang beloop N$20 per persoon vir volwassenes.
In Johannesburg het Pirates en Wanderers se spelersgroepe glo agterna sommer gesamentlik die gebruiklike “fines meeting” in die kleedkamer gehou. ’n Soortgelyke dag van klippe kou op die rugbyveld, maar vriendskap ná die eindfluitjie is dus opnuut in die vooruitsig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie