Goewerneur waarsku teen magsmisbruik

Die spanning binne Swapo in Khomas, veral in Windhoek, veroorsaak groot skade, sê 'n leier.
Denver Kisting
Denver Kisting



Die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeod-Katjirua, het teen die baas-en-Klaas-gesindheid uitgevaar wat die Windhoekse stadsraad (CoW) oënskynlik kasty.

Sy het laat verlede week gal gebraak oor raadslede wat hul mag misbruik.

Sy sê raadslede se verskuilde agendas en vooroordele moet demokrasie nie in die gedrang bring nie.

Die goewerneur het Donderdag by die verkiesing van die bestuurs­komitee van CoW haar kommer oor die gebrek aan dienslewering uitgespreek. Sy het raadslede gemaan om hul verantwoordelikhede na te kom.

Op die vooraand van Swapo se buitengewone kongres die naweek in die hoofstad het sy gesê politieke ampsdraers moet prioriteite bepaal wat die regerende party én alle nasionale doelwitte weerspieël, “maar openbare verantwoordbaarheid moet in alle uitvoerende optrede gehandhaaf word”.

Ewe vernietigend, sê sy, is die sogenaamde intellektuele en onopgevoede politici.

Politici is die beleidmakers, terwyl administrateurs daardie beleid in werking stel, sê sy.

Derhalwe is 'n verhouding geskoei op wedersydse vertroue en respek tussen dié twee bene noodsaaklik, meen sy. Die teendeel het 'n ernstige impak op dienslewering, waarsku sy.



'Nuwe' ou bloed

Mnr. Muesee Kazapua, wat tot burgemeester herkies is, het erken hulle doen steeds nie genoeg om werkloosheid en armoede te bekamp nie.

“Die hele raad en bestuur moet pogings verskerp om 'n volhoubare omgewing te skep, omdat 'n gebrek aan behuising, basiese dienste in informele nedersettings, werkloosheid en armoede ons hoop op maatskaplike vooruitgang en welvaart voortdurend in die wiele ry.”

Indien raadslede enigsins in hul doel wil slaag om 'n positiewe bydrae te lewer wat hul eie strategiese omkeerplan vir 2017 tot 2022 en pres. Hage Geingob se Harambee-welvaartsplan betref, móét hulle twee keer harder werk, het Kazapua gesê.

Dié plan het onder meer ten doel om die lewenstandaarde van inwoners aan veral die buitewyke van die hoofstad te help verbeter.

Volgens hom is die toekenning van erwe, veral aan inwoners in informele nedersettings, boaan hul prioriteitslys vir die volgende jaar.

Om CoW te help om erwe te diens, sal dit toegeken word voor dit gediens word om geld vir daardie doel beskikbaar te hê, sê hy.

Kazapua het voorts gesê vooruitgang by dié beleërde plaaslike owerheid is net moontlik indien hulle die leierskapkrisis erken en aanspreek.

Hy sê die afgelope agt maande was veral 'n laagtepunt.

In Maart vanjaar het die nou geskorste uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, die hoof van die stadspolisie, mnr. Abraham Kanime, geskors.

'n Bloedige geveg wat om stamme wentel, woed sedertdien.

Kahimise is ook onlangs te midde van ernstige aantygings geskors.

Kazapua het Donderdag gesê: “Genoeg skade is reeds aan ons beeld as leiers aangerig, en ons kan nie bekostig om verder in verskillende rigtings te beweeg nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 292.90/OZ UP +0.06% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0143 | Zinc US$ 2 910.40/T UP 1.25% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0304 | Platinum US$ 945.13/OZ UP +1.11% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.28 | EUR to NAD 19.94 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.64 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.92 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 292.90/OZ UP +0.06% | Copper US$ 4.44/lb DOWN -0.0143 | Zinc US$ 2 910.40/T UP 1.25% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0304 | Platinum US$ 945.13/OZ UP +1.11%