Goeieman-broers wys hakke vir die res

Landlope
Verlede Sondag is die vyfde Windhoek Light Wild Run in samewerking met Standard Bank, OTB Sport en Midgard Country Lodge aangebied waar 380 drawwers die kans gehad het om hul liefde vir sport en die natuur uit te leef.

Met 380 inskrywings was dit die grootste byeenkoms sedert die ontstaan van die Wild Run waar deelnemers die keuse gehad het om die agt kilometer- of 16 km-roete in verskeie kategorië aan te durf.

Die venue by Midgard Country Lodge is deel van die bergagtige land­skap waar die Swakoprivier sy oorsprong het.

Die Windhoek Light Wild Run is die derde byeenkoms van die 2018 Standard Bank Winter X-Trails en is deur die broers Erich en Albertinus Goeieman oorheers.

Erich en Albertinus het onder­skeidelik die 16 km en 8 km landlope vir elite mans onder 40 jaar gewen. Erich se wentyd was 1 uur 14 minute 59 sekondes, terwyl Albertinus die eindstreep in 38 m 06 s gehaal het.

In die 16 km vir elite vroue het Bernise van der Westhuyzen (1:30:11) geseëvier, terwyl Ndahambelela Shelikita in die agt kilometer vir elite vroue in 44 m 19 s koning gekraai het.

Opmerklike goeie tye in die 16 km is opgestel deur die veteraan Elloise Ellis (1:33:58) wat algeheel tweede geëindig het, asook die meester Nadine Agnew (1:36:47) wat algeheel derde was.



Van die voorste uitslae:

VROUE

16 km, algeheel: Bernise van de Westhuyzen 1:30:11, Elloise Ellis 1:33:58, Nadine Agnew 1:36:47. Elite (onder 40 jaar): Bernise van de Westhuyzen 1:30:11, Alexandra Marko 1:39:12, Bernice van Staden 1:47:49. Veterane (40-50 jaar): Elloise Ellis 1:33:58, Hilke Kruger 1:56:39, Lena Brinkmann 1:56:52. Meesters (50 jaar en ouer): Nadine Agnew 1:36:47, Anita Kinder 1:52:39, Barbara Ackermann 1:53:58.

8 km, algeheel: Ndahambelela Shelikita 44 m 19 s, Shani Scholtz 48:22, Tania Wiese 49:15. Elite: Ndahambelela Shelikita 44:19, Tania Wiese 49:15, Mariette Kraak 52:52. Veterane: Shani Scholtz 48:22, Desire de Waal 52:06, Debbie Rowles 53:49. Meesters: Susan Martens 58:53, Christine Mitchell 1:04:24, Renate Wiemers 1:14:50. Meisies o.11: Maja Brinkmann 57:36, Alice Rowles 57:36, Kaylynn Klein 1:22:19. Meisies o.15: Corrilly Yates 49:28, Marcel Vermeulen 53:42, Ada Kahl 53:46. Pretstap: Birgit de Lange 1:02:58, Carmen Diekmann 1:22:01, Kula Simson 1:30:55.



MANS

16 km elite/algeheel: Erich Goeieman 01:14:59, Madaleno Silveira 1:15:14, Pedro Mendoza 1:16:53. Veterane: Andrew Rowles 1:23:01, Paul Brinkmann 1:29:08, Ithikwa Wilbard 1:33:44. Meesters: Abraham Rooi 1:22:48, Usiel Afrikaner 1:25:01, Joris Harteveld 1:29:17.

8 km elite: Albertinus Goeieman 38:06, Nesley Gaweseb 38:12, Jaco Hanekom 39:48. Veterane: Bolla Akwenye 43:39, André Engelbrecht 43:52, Brian Key 44:45. Meesters: Daniel Botes 54:13, Johan Deysel 1:17:03, Gunther Roeber 1:28:47. Seuns o.11: WJ Dreyer 50:17, Jason Moses 59:46, Kian Brinkmann 1:22:28. Onder 15: Yenik Brinkmann 49:19, Connor McNamara 49:21, Tristan Feldmann 59:10. Pretstap: Vaughan Petersen 53:31, Setson Nghishidimbwa 1:23:14, Jurie Scholtz 1:28:42.

Kommentaar

Republikein 2026-09-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer