Goeie opkoms by STAG beterbal stableford
Gholf
Die STAG (Society of Tuesday and Thursday Afternoon Golfers) het laas naweek 'n beterbal stableford-kompetisie by die baan van die Windhoek Buiteklub aangebied.
Kompetisies geborg deur die STAG is daarvoor bekend dat onverwagse aspekte in die formaat ingewerk word. Die kinkel hierdie keer was dat elke span se tellings op die syfer vyf putjies vermenigvuldig is.
Saterdag was 'n lieflike dag vir gholf, met 'n paar puik tellings wat gewys het dat diegene wat die voordeel op die syfer 5 putjies kon behaal, bo die res uitgestyg het.
STAG-toernooie is ook bekend vir goeie pryse om na uit te sien, asook 'n aangename atmosfeer agterna.
'n Braai is ná die prysuitdeling aangebied en die plaaslike DJ “Mooi Par” het musiek verskaf. 'n Goeie getal spelers en hul gesinne het die aand saam
geniet.
Die opkoms van 32 spanne (64 spelers) was heel skaflik, op 'n naweek waar ook 'n Sages-toernooi op Tsumeb aangebied was.
Die uitslae was soos volg:
1 Johnny Mungolo en Li Qi (59)
2 P. Shimoshili en Jin Dan Lin (53)
3 Sakkie Matheus en Wabomba Singoro (52, uittel)
4 Bertus Damon en Joseph Martin (52)
5 Inklaus Suze en Michael Hoeseb (50)
6 Melt en Danie van Schoor (48)
7 Wessel en Natasja Louw (47)
8 Toady Gurirab en Jonas Katti (46, uittel)
9 Diginity Moyo en Brian Gasela (46)
Wenners van die pryse vir die houe naaste aan die pen was Gerhard van Rooyen (putjie 3), Rob de Koning (putjie 9), Michael Hoseb (putjie 13), Bertus Damon (putjie 17).
Vier gelukspryse geborg deur Truck & Cab (Paul Adkins) is ook uitgedeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie