Goeie nuus vir voornemende studente
Nasionale gereedheidstoetse kan eersdaags in Windhoek afgelê word.
Mariselle Stofberg - Windhoek Gimnasium is aanvaar as 'n venue in Namibië waar voornemende studente hul nasionale gereedheidstoetse (NTB) kan aflê.
“Dit beteken dat ons geen probleem het met die fasilitering van enige toets op enige tydstip by hierdie sentrum nie,” het me. Estelle Murray, die logistiekebestuurder by die Centre for Educational Testing for Access and Placement (CETAP), bevestig. Die National Benchmark Testproject het verlede jaar besluit weens 'n gebrek aan belangstelling sal geen venues meer in Namibië beskikbaar wees nie .
Gimnasium sal op Sondag 26 Mei dien as 'n afgeleë sentrum en die toetse word in die skoolsaal afgelê. Leerlinge kan tot 14 Mei vir die toetse registreer.
Die Akademiese en Kwantitatiewe Geletterdheid (AQL)-toets sal tussen 07:30 en 11:30 gedoen word en die Wiskunde (MAT)-toets tussen 12:00 en 15:00.
Die NBT-toetse bepaal die leerlinge se akademiese gereedheid om verder te studeer. Die toetse vereis van leerlinge om kennis waaroor hulle reeds beskik, toe te pas en die bepaalde toetse te voltooi wat gelykstaande is aan die verwagting van eerstejaarstudente op universiteit. Sekere universiteite in Suid-Afrika vereis van voornemende Namibiese studente wat in Suid-Afrika wil studeer, om die toetse af te lê en te bepaal of die studente enige ondersteuning met hul studies sal benodig.
Me. Maretha du Plessis, die departementshoof van berading by Windhoek Gimnasium, het bevestig die skool kan nou ook ander leerlinge van Namibië vir die toetse akkommodeer. “Ons benodig ten minste 30 leerlinge sodat die NTB die koste van die toesighouers en koerier van die toetse sal betaal. Ons is steeds verantwoordelik vir die administratiewe kostes van die toetse.”
Du Plessis het gesê die beskikbaarheid van 'n plaaslike sentrum sal ouers finansieel baie help omdat dit nie nodig sal wees om hul kinders Suid-Afrika toe te stuur om die toetse af te lê nie. “Die kostes verbonde aan kinders na die buurland te stuur vir hierdie toetse is verskriklik duur en dit is nie iets wat alle ouers kan bekostig nie.”
Ouers wat hul kinders wil registreer, kan mee. Lida Beukes by 061 381 495 of Maretha du Plessis by 061 223 295/[email protected] kontak vir meer inligting.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie