Goeie nuus vir opera-liefhebbers
Terwyl vreugdevure in Londen brand oor die eerste lewende opvoerings sedert teaterdeure 11 weke gelede deur die Covid-19-pandemie gesluit is, sit musiekliefhebbers in New York nog in sak en as.
Die Royal Opera House het verlede naweek die eerste van drie lewende opvoerings aangebied . . . voor ’n leë ouditorium. Twee operas en ’n ballet is deur die sangers en dansers met die orkes in die orkesbak uitgevoer en is regstreeks gestroom.
Die Metropolitan Opera House in New York sal tot die einde van die jaar gesluit bly. Peter Gelb, uitvoerende hoof van die Met, het die aankondiging op video gemaak: “Dit is met groot hartseer dat ons moet bekend maak die Met sal tot einde vanjaar gesluit bly, maar solank sosiale afstand noodsaaklik is, kan geen teater normaal funksioneer nie. Die Met sal op 31 Desember weer sy deure open. Intussen kan ons (vorige) opvoerings gestroom word,” sê hy.
In die Royal Opera House is daar lewe in die oefenkamers. Sangers wat Louise Alder, Toby Spence en Gerald Finley insluit, repeteer arias en ensemble-uittreksels uit werke van Benjamin Britten en Handel vir die eerste konsert in die reeks Live from Covent Garden.
In ’n ander ateljee is balletdansers van die Royal Ballet aan die oefen vir die première van ’n nuwe werk deur hul inwonende choreograaf Wayne McGregor.
Live from Covent Garden is op 13 Junie gratis op YouTube en Facebook uitgesaai. As jy dit misgeloop het, is daar herhalings op 20 en 27 Junie, maar daarvoor moet kaartjies gekoop word.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie