Goeie nuus vir bejaardes
Bejaardes se maandelikse pensioen is met 7% verhoog.
Dié styging het reeds op 1 April in werking getree.
Die verhoging volg ná 'n vergadering van die raad van trustees van die staat se pensioenfonds (GIPF) verlede maand.
Volgens 'n verklaring wat deur die GIPF uitgereik is, mik die trustees gewoonlik vir inflasieverwante pensioenverhogings.
Ander faktore wat egter die jaarlikse verhoging beïnvloed, sluit in hoe die fonds oor die finansiële jaar gevaar het, historiese pensioenverhogings, sowel as die verbruikersprysindeks (CPI).
"Ná versigtige oorweging van laasgenoemde faktore het die raad besluit die verhoging van 7% geskik en bekostigbaar."
Die jaar-tot-jaar inflasiekoers-persentasie het volgens die verklaring op 31 Maart op 6,5% gestaan.
Die aantal aktiewe pensioenarisse en ander begunstigdes staan tans op 35 194, en die fonds betaal sowat N$3 miljard jaarliks in voordele aan lede uit.
Hiervan word meer as N$1,2 miljard aan pensioenarisse uitbetaal.
Die afgelope vyf jaar het pensioenarisse se maandelikse toelae soos volg gestyg: 2012 - 7,5%; 2013 - 6,5%; 2014 - 7,5%; 2015 - 6,5% en 2016 - 7%.
Volgens die GIPF-verklaring dui die gemiddelde jaarlikse opbrengs van 15% oor die afgelope vyf jaar daarop dat die fonds opbrengste bó inflasie ontvang.
"Die 7%-verhoging is daarom binne die fonds se bekostigbaarheidsgrens en sal nie negatiewe finansiële implikasies vir die instelling inhou nie."
Die verklaring wys verder daarop dat die skerp daling in opbrengste van die afgelope drie jaar en die uitwerking op potensiële verhogings in die langtermyn sou die afwaartse neiging voortduur, dopgehou moet word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie