Goeie nuus oor die prys van eiers, vleis
Die PPI loop tradisioneel die verbruikersprysinflasiekoers (VPI) effens vooruit, hoewel dit nie 'n ewe lang tydperk vir alle produkte is nie.
Hanlie Stadler
Daar is 'n sprankie hoop dat eierpryse die boonste draaipunt bereik het.
Volgens die produsentepryssyfers wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Donderdag uitgereik het, het melk en eiers saam in April 2,6% minder gekos as in Maart. Dis die eerste beduidende maand-tot-maanddaling sedert eierpryse skerp begin styg het te midde van die tekorte wat deur voëlgriep veroorsaak is.
Die kategorie het so onlangs soos November van maand tot maand 4,8% duurder geword. Dit is 'n enorme maandstyging.
steeds duurder
Melk en eiers, wat SSA as een kategorie aandui, is steeds 5,9% duurder as 'n jaar gelede op produsentevlak, maar dis ook die laagste styging sedert Januarie, toe die jaarstyging 12,3% was.
Die produsenteprysinflasiekoers (PPI) meet die styging in pryse soos dit die plaas, myn of fabriek verlaat, oftewel die styging van pryse op produksie- of groothandelvlak.

Vleis
Benewens die goeie nuus oor melk en eiers is daar ook goeie nuus oor vleispryse – goeie nuus vir verbruikers, nie soseer vir boere nie.
Op produksievlak het lewende hawe die eerste keer vir minder verkoop (-2,6%) as 'n jaar gelede. Dít is vergeleke met die boonste draaipunt, 'n enorme jaarstyging van 31,6% wat boere in November 2017 méér vir hul lewende hawe gekry het as in November 2017.
Dit beteken bes moontlik dat die prys van vleis in winkels in Mei of Junie gemiddeld nie so skerp sal styg nie of dalk selfs gaan daal.
nie net goeie nuus
Die res van die PPI-nuus is egter nie noodwendig goeie nuus vir verbruikers nie, met krag- en waterpryse wat op produksievlak aansienlik hoër is.
Volgens SSA is die oorhoofse PPI, dus vir finaal vervaardigde produkte, 4,4% (Maart: 3,7%). Dis die koers waarteen produkte op produsentevlak in April duurder was as 'n jaar gelede. Van Maart tot April 2018 het finaal vervaardigde produkte 1% duurder geword.
– Netwerk24
Ander PPI's lyk
soos volg:
Intermediêr vervaardigde produkte: +0,1% op 'n jaargrondslag (Maart: -1,3%); +0,6% op 'n maandgrondslag;
Krag en water: +4,9% op 'n jaargrondslag (Maart: +3,5%); +2,1% op 'n maandgrondslag;
Mynbou: -2,6% op 'n jaargrondslag (Maart: -3,1%); +1,1% op 'n maandgrondslag; en
Landbou, bosbou en visserye: +0,4% op 'n jaargrondslag (Maart: +3,9%); -2,4% op 'n maandgrondslag. Dit is in dié kategorie wat melk en eiers val.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie