Goeie bestuur is ’n smal weg
Verlede week is Rehoboth se watertoevoer vir meer as ’n dag weens reuseskuld afgesny.
Terwyl in sekere kringe oor die menslikheid en grondwetlikheid van hierdie optrede gedebatteer is, bly swak bestuur en diepliggende finansiële probleme endemies aan talle plaaslike owerhede.
Dit is nie die eerste keer dat NamWater hier of elders die krane toedraai nie.
Steeds vloei onbekende hoeveelhede kosbare water glo weens lekkasies op Rehoboth weg. In meer as ’n dekade is min blykbaar aan hierdie probleem gedoen.
Ewe verswarend is ’n ruiterlike erkenning dat inwoners se betalings vir water, elektrisiteit en waarskynlik vir ander noodsaaklike dienste gebruik word om ander “gate” toe te stop, byvoorbeeld om salarisse te betaal. Dit is niks anders as die wanaanwending van geld nie. Sulke inkomste behoort waar gesonde finansiële praktyke geld, streng afgekamp te word.
Daar was geld om die krisis af te weer, maar Namibiërs moet wonder van waar hierdie miljoene gekom het.
Die bestuur het die slag as ’n wekroep beskryf. Net hoeveel meer wekroepe moet daar wees?
’n Openbare ondersoek wat al die feite op die tafel sal lê, ook statistiek oor wanbetaling, is meer gerade as ooit.
Midde ’n veel wyer waterkrisis in die land, is die voorbeeld van Rehoboth tekenend van die onvermoë om hierdie nasionale probleem tydig en volhoubaar te hanteer. Vir die sentrale regering om met reddingsgordels op te dok, is nie ’n uitweg nie.
Die smal weg van goeie en verantwoordbare bestuur is die enigste antwoord.
So sê ander
27 Augustus 2016
Earthquake preparedness needs to be a priority
The powerful earthquake of magnitude 6.8 originating in Myanmar on Wednesday, and felt throughout Bangladesh, needs to be a wake-up call for all of us.
While it is a relief that there were no casualties reported, grim reports of an earthquake that flattened a town in central Italy, killing nearly 250 people remind us of our own vulnerability in the face of future disasters.
A recent study published in the science journal Nature showed that Bangladesh could be sitting on top of an active megathrust fault. If ruptured, the resulting earthquake could be of magnitude 8.2 to 9.0. The effects on Bangladesh of such an earthquake would be nothing if not catastrophic.
We are still woefully inadequate when it comes to earthquake preparation. Furthermore, stringent codes for buildings and new constructions must be enforced.
Let us not wait for the next major earthquake to hit. Let us prepare now.
• DHAKA TRIBUNE

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie