Goed, beter, pers!
Goed, beter, pers!

Goed, beter, pers!

Lloyd Zandberg
Ons staan voor die hek by Sanet Prinsloo se huis en vergaap ons aan die oerwoud van 'n tuin. Dis ek en 'n fotograaf. Meteens besef ons: nou gaan ons iemand besonders ontmoet. Dit kan nie anders nie. Aan die binnekant is haar huis selfs meer asemrowend - nie asemrowend in die sin dat dit 'n “Hollywood-mansion” met peperduur sportmotors en ontwerpermeubels is nie, maar eerder in die sin dat dit uniek en kunstig is. In die leefarea kry jy 'n smakie van Turkye in die vorm van Heidi Louw se portrette, antieke meubels en smullekker geure wat in die huis se gange dans. Sekondes later kom sy vanuit die slaapkamer te voorskyn waar sy “net gou haar skoene aangetrek het”. Gemaklike klere, 'n pers bos hare en een van die warmste glimlagte wat jy ooit sal aanskou: dít is Sanet Prinsloo. En sy het eintlik geen bekendstelling nodig nie.

Op 'n gemaklike bank kry ek en die fotograaf toe die voorreg om met Sanet Prinsloo oor haar lewe, haar kinders, haar wêreldreise en wie en wat sy nou eintlik is, te gesels. Sanet is gebak en gebrou in Windhoek. Haar pa was die een wat voorgestel het dat sy eers 'n “behoorlike” graad agter haar naam kry voordat sy drama gaan studeer. Sy het toe 'n BSc- Huishoudkunde graad by Kovsies in Bloemfontein gedoen en ná sy 'n tweejaar- “working holiday” visum in die hande gekry het, het sy in Londen gaan werk soek. Sanet se kookloopbaan het in 'n hotelrestaurant in Londen afgeskop nadat 'n vriendin haar gebel het om te sê die ontbyt-sjef het effens te diep in sy wynglas gekyk en besluit om deur ontbyt te slaap.

By hierdie hotel het Sanet op 'n daaglikse basis met name soos Andrew Lloyd Webber, David Bowie, Robbie Williams en selfs Prinses Diana te doen gekry. Ja, hierdie vrou het al baie mense gesien en baie dinge gedoen. Sanet het teruggekom Windhoek toe om by haar pa se uitgewery te werk, maar het gou besef sy is nie vir kantoorgebondenheid gemaak nie. Dis toe dat sy besluit het om ná ure en oor naweke te kook. Daarna het Sanet saam met 'n vriend hul eie koffiewinkel, Fiela's, begin, maar het besluit om dit ná twee suksesvolle jare toe te maak om sodoende eerder vriende as vennote te bly. Slowtown Coffee Roasters is tans Sanet se grootste kliënt; sy bak al hul koekies en muffins. G'n wonder haar kombuis ruik so 'n bietjie soos die hemel nie.

Wat haar huidige projekte betref, is dit duidelik dat Sanet druk besig is. Haar voete vat net hier en daar grond. Sy is die president van die Namibian Chefs Association, die moeder van Checkers se boereworskompetisie, betrokke by die Nedbank Kapana Cook-Off Competition en dien boonop op die komitee van die World Association of Chefs' Societies (WACS). Sanet is ook vanjaar vir die eerste keer deel van die Omaruru Artist Trail, wat later vanjaar plaasvind. Hier sal sy die verhoog met onder meer Valiant Swart, Dana Snyman en Johan Badenhorst van die kykNET-program Voetspore deel. Sanet sê sy vind Namibië kultureel ietwat afgestomp - juis daarom beywer sy haar vir die bevordering van kulturele aangeleenthede in die land.

Die hooi op Sanet se vurk wat tans die meeste gewig dra, is vanjaar se Toerisme Ekspo wat plaasvind van 31 Mei tot 3 Junie. Toe sy die sjefafdeling van die ekspo 10 jaar gelede oorgeneem het, het hulle slegs twee borge gehad: Easy Life Kitchens en Meatco. Maar dié onderneming het jaarliks van krag tot krag gegaan en vanjaar sal groot name soos Pete Goffe-Wood, Benny Masekwameng, Silver Spoon Academy en Corli Botha, wenner van kykNET se treffer Koekedoor, hul verskyning maak. Die oorkoepelende tema van hierdie jaar se ekspo is padveiligheid, en die sjefsteater fokus op voedselhigiëne en -riglyne. Sanet reken laasgenoemde is 'n kwessie waaraan Namibië te min aandag gee. Sy sê daar sal aansienlik minder gevalle van voedselvergiftiging wees indien Namibië meer aandag aan voedselhigiëne bestee. Rhona Strauss, 'n sjef by N/a'an ku sê, gaan demonstrasies oor die veiligheid van padkos aanbied. Dis hoog tyd dat Namibiërs leer jy kan nie jou hoenderboudjies tussen Mariental en Keetmanshoop gou op die enjin verhit nie, sê Sanet.

Sy het haar man, Kobus Prinsloo, op 'n jagplaas waar sy spyseniering gedoen het, ontmoet en 'n jaar ná hul ontmoeting het hy 'n ring aan haar vinger gesit. Vandag is hulle drie seuns ryker: Jak, Herman en Rudi. Sanet se kinders is haar ander groot liefde.

Sy spot liefdevol wanneer sy sê: “My huis sal netjies wees as my kinders die dag uit die huis uit is.”

Hoewel haar kinders se voorliefde vir kosmaak nou wel nie so sterk soos Sanet s'n is nie, sê sy dat haar jongste, Rudi, nogal van kook hou. Hy loer gereeld oor haar skouer wanneer sy koek bak en het selfs sy eie voorskoot. Jak, haar oudste seun, daarenteen, stel in kuns en argitektuur belang. Sanet se ander “kinders” is haar twee Schnauzer-honde, Jack en Jill. Sanet noem hulle “die beste warmwater­sakke” omdat hulle snags so knus by haar voete slaap.

Met dié dat hulle deur die hele onderhoud so rustig op haar skoot geslaap het, kan ons maar net aanneem dat daar 'n onvernietigbare band tussen Sanet en haar honde is.

Die oggend saam met Sanet was baie dinge, maar vervelig was nie een van hulle nie.

Haar entoesiasme, lewenslus, wêreldkennis en reguit manier van praat, sonder tierlantyntjies en doekies omdraai maak van haar 'n waardige Namibiese ikoon, veral op die kosmaakfront.

Haar veelsydigheid kan vergelyk word met dié van botter, wat dan ook volgens haar haar gunstelingbestanddeel is.

Jy kan haar in enige situasie gebruik en sy sal dit laat werk.

So tussendeur die lewensverhale, kunstige dekor, lekker geure en eindelose kookvernuf, is een feit onbetwisbaar: Sanet Prinsloo is 'n eksotiese geur wat jy nie heeltemal kan peil nie.

Hou haar dop! Hier kom 'n ding.



So, wie is Sanet nou eintlik?

Wat is jou gunstelingkleur?

Pers, natuurlik! Ek bedoel, dit sou julle seker kon raai.



Wat is jou gunstelingkos?

Turkse kos, maar ook enige kos met Arabiese invloede. Amper enigiets wat kleurvol is, is vir my lekker.



Sal jy dit ooit oorweeg om 'n sjefskool te begin?

Ek dink nie so nie. Ek geniet dit te veel om "los" te wees en vryheid te hê. My posisie as president van die Namibia Chefs Association verskaf reeds genoeg opvoedkundige bydraes.



Soethappies of sout?

Altwee. Ek hou van disse met beide soet en sout - slaaie met Peppadews en papaja, of iets soos waatlemoen met ­fetakaas en 'n gereduseerde balsamiese asyn.



Wat dink jy van iemand soos byvoorbeeld Nataniël, wat ook 'n groot invloed in die kultuur- en kosmaak­bedryf het?

Ek ken vir Nataniël baie goed. Ek is mal oor hom! Hy is beslis een van die slimste akteurs met die grootste visie en die meeste insig. Hy is 'n karakter wat oor 'n breë spektrum van dissiplines beskik.



Verkies jy 'n aand in jou sitkamer of 'n aand van strate rooi verf?

Ek verkies 'n aand tuis met boeke, flieks en shows. Ek dink as ek in Johannesburg of iewers anders gebly het, sou ek elke week 'n show gaan kyk het.



Jy is 'n gereelde reisiger. Raak dit ooit vervelig in Windhoek?

Om te reis is net so lekker soos om weer by die huis te kom. Ek bly baie lekker in Windhoek. Dit is immers waar ek begin het en 'n mens kom altyd huis toe.



Waar koop jy graag kruideniersware?

Meestal by Checkers. Ek is baie lojaal teenoor hulle omdat ek gereeld by hulle betrokke is. Wanneer ek op soek is na iets ongewoons, gaan ek soms Spar of Woolworths se kosafdeling toe.



Wat maak jou gelukkig?

Ek hou van mense, honde en kos. Ag, eintlik hou ek maar net van die lewe. Ek is baie gelukkig.



Wat is jou gunsteling­bestanddeel?

Koljander - in al sy vorms - veral blare en pitte. My ander gunstelingbestanddeel is natuurlik botter.



Wit- of rooiwyn?

Rooiwyn. Ek is nie mal oor alkohol nie, maar ek kook graag daarmee.



Wat maak hierdie jaar se Namibië Toerisme Ekspo anders as vorige jare?

Die feit dat twee van Masterchef South Africa se beoordelaars daar is, is beslis spesiaal.



Wie kan ons by die ekspo sien behalwe vir Corli, Pete, Benny, Rhona en Silver Spoon?

Helene de Klerk van BlouWillem Coffee Shop kom demonstreer hoe om brood te bak. Sjef David Thomas en sjef Anthony Rossow van The Wreck is aan die stuur van die vertoning One and a Half Ton of Tea Time!! Ons gaan ook 'n sjefspan-uitdaging hê met Pete en Benny as kapteins - dit behoort ­interessant te wees!

Kommentaar

Republikein 2024-05-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.66 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1380 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.57/OZ UP +1.16% | Copper US$ 4.59/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.17/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 963.32/OZ UP +0.78% Sport results: Premier League: Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham | Manchester City 5 vs 1 Wolves | Brentford 0 vs 0 Fulham | Sheffield United 1 vs 3 Nottingham Forest | Burnley 1 vs 4 Newcastle | Arsenal 3 vs 0 Bournemouth | Luton Town 1 vs 1 Everton LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis | Mallorca 0 vs 1 Atletico Madrid | Girona 4 vs 2 Barcelona | Real Madrid 3 vs 0 Cadiz | Real Sociedad 2 vs 0 Las Palmas | Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce | Sassuolo 1 vs 0 Inter Milan | Monza 2 vs 2 SS Lazio | Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End English Championship: Plymouth Argyle 1 vs 0 Hull City | Birmingham City 1 vs 0 Norwich City | Coventry City 1 vs 2 Queens Park Rangers | Stoke City 4 vs 0 Bristol City | Swansea City 0 vs 1 Millwall FC | Leeds United 1 vs 2 Southampton | Ipswich Town 2 vs 0 Huddersfield Town | Sunderland 0 vs 2 Sheffield Wednesday | Rotherham United 5 vs 2 Cardiff City | Middlesbrough 3 vs 1 Watford | Leicester City 0 vs 2 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 13° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:09, High tide: 14:30, Low Tide: 20:18, High tide: 02:00 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:28, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Walvis Bay: 14° | 21° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:07, High tide: 14:27, Low Tide: 20:16, High tide: 02:00 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 22° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 25° | 29° Gaborone: 15° | 30° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 10° | 22° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 18° | 30° Windhoek: 13° | 28° Cape Town: 15° | 16° Durban: 18° | 29° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 22° | 30° Lusaka: 19° | 30° Harare: 14° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.08 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.39 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.66 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.62 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1380 | USD to ZAR 18.39 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.57/OZ UP +1.16% | Copper US$ 4.59/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 84.17/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 963.32/OZ UP +0.78%