Goed, beter, Goeieman
Landlope en bergfietsry
Erwin Leuschner
Nagenoeg 500 drawwers, stappers en bergfietsryers het Saterdag op die Spitzkoppe naby Usakos toegesak waar hulle aan die gewilde jaarlikse The Rock Spitzkoppe hardloop-, stap- en bergfietsuitdaging deelgeneem het.
Vanjaar se byeenkoms was beslis 'n spesiale geleentheid ter viering van sy tiende bestaansjaar. Deelnemers kon kies om 10 kilometer of 20 km te draf of te stap, terwyl die fietsryers 'n keuse tussen die 35 km of 70 km-roetes gehad het.
Me. Christine de Klerk, een van die organiseerders, was tevrede met die dag se verrigtinge waar Erich Goeieman sy meesterskap in die 21 km vir elite mans met 'n wentyd van 1 uur 13 minute onderstreep het.
“Die kompetisie was uiters geslaagd en ons is gelukkig hoe die byeenkoms verloop het,” het De Klerk gesê.
Goeieman, wat die byeenkoms vir die sewende jaar gewen het, se tyd was twee minute vinniger as toe hy in 2017 gewen het. Sy naaste teenstanders was Immanuel Mwatwoshive (1:20:11) in die tweede posisie en Daniel Tautunyenge (derde in 1:20:19).
Goeieman het agterna gesê: “Dit was 'n moeilike resies vanjaar met die oostewind wat al sterker teen ons gewaai het soos ons terug na die eindpunt gehardloop het. Die roete was soos altyd asemrowend.”
Kirsty Brits, 'n hardloper met vorige Comrades-deelnames in haar bene, het die ope vroue-afdeling oor 21 km gewen. In 1 uur 56 minute was sy net 24 sekondes voor die tweede geplaaste Beate Fahrbach, met Nadine du Plessis derde en ook nie ver agter nie (1:56:40).
Brits was egter nie die eerste vrou oor die 21 km eindstreep nie. Dié eer het die twee veteraanvroue Shani Scholtz (1:51:33) en Lydia Thiel (1:52:00) toegekom.
Nils Meesters, 'n toeris van Nederland, het onverwags deel van die stroom hardlopers geword.
“Ons is vir die eerste keer hier in Namibië op besoek en toe ek van die byeenkoms lees, het ek onmiddellik ingeskryf. Ons het selfs ons reisplanne aangepas sodat ek vir 'n slag my bene in 'n wedloop kon rek,” het Meesters vertel wat 'n ywerige hardloper is en sesde in die 21 km geëindig het.
FIETSTRAPPERS
Die ryers in die 70 km-afdeling het vir opwinding gesorg waar die subveteraan Tyrone Kotze eerste in 2 ure 36 minute oor die eindstreep gery het.
Met net 'n paar sekondes tussen hulle het Jürgen Sander die tweede plek ingeneem, met die veteraan Tobie Gerber derde. Dit was die tweede keer dat Sander die tweede posisie ingeneem het. Sander was aanvanklik in die vierde posisie, maar het oor die laaste kilometers die ketting laat kraak en amper vir Kotze ingehaal.
Kotze, pas terug ná sy onlangse triathlon-deelname aan die Ysterman wêreldkampioenskap in Port Elizabeth, sê: “Dit was die eerste keer dat ek op die fiets aan The Rock deelgeneem het, want in die verlede het ek altyd die drafskoene aangetrek.”
Die 35 km fietsrywenners was Kevin Lowe (1:32:00) vir junior mans en Gerda Venter (1:52:11) vir vroue.
The Rock is 'n unieke byeenkoms wat daarop gemik is om geld vir die plaaslike tradisionele owerheid in te samel om die !Oe-#Gan-gemeenskap met volhoubare ontwikkeling te help.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie