Godsdienste verenig vir vrede
'As ons nie in harmonie leef nie, sal daar nie vrede in die land wees nie.'
Maria Eiseb - Om wedersydse aanvaarding en harmonie in Namibië te bewerkstellig het verteenwoordigers van die Joodse, Christelike, Islamitiese, Bahá'í en Boeddhistiese gemeenskappe onlangs vergader.
Die vergadering het ten doel gehad om samesprekinge oor samewerking, onder die tema “Wat hou die gemeenskap bymekaar?” te hou.
Tydens die byeenkoms het deelnemers hulle uitgespreek oor die huidige toestand van die samelewing.
'n Moslem-verteenwoordiger, sheikh Muhammed Negumbo, het tydens die geleentheid gesê diegene wat welaf is moet na die minderbevoorregtes omsien, ongeag verskille.
Volgens Negumbo is wedersydse respek belangrik. Rusverstoring in woonbuurte toon nie respek nie, het hy gesê.
Kinders moet by hul ouerhuise geleer word om ander te respekteer, maak nie saak wat hul velkleur is nie, het hy bygevoeg. Hy het ook gesê daar moet 'n verstandhouding tussen die regering en die kerk wees.
Tydens dieselfde geleentheid het eerwaarde Siat Fong KOO, van die Boeddhistiese gemeenskap, gesê mense moet negatiewe denke vermy omdat dit probleme in die samelewing veroorsaak.
Volgens vader Mark Arsany van die Koptiese (Egiptiese) ortodokse kerk is Namibië 'n onafhanklike land, maar die mense is steeds in kolonialisme vasgevang.
Die gedagte met die byeenkoms was dat die kerk as geestelike en morele gesag in die gemeenskap optree, ongeag verskille.
Volgens die programbestuurder van die Konrad Adernauer-stigting (KAS), me. Anna Wasserfall, moet mense van verskillende denominasies met mekaar kommunikeer oor hul gemeenskaplike uitdaging.
Die organiseerders glo ook soortgelyke byeenkomste kan 'n platform vir verskillende groepe skep om meer oor mekaar te leer.
Eerwaarde Maria Kapere het gesê ná onafhanklikheid is daar nie meer eenheid in die kerk nie.
Dit is tyd dat die kerk opstaan en sy staanplek inneem, glo sy.
Professor Joe Diescho het gesê die kerk in Namibië het sy profetiese stem verloor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie