Gobabis u2018brekelu2019 vir bejaardes
Gobabis u2018brekelu2019 vir bejaardes

Gobabis ‘brekel’ vir bejaardes

Sanet de Waal
Tanja Bause

Die Afrikaanse Taal-en-kultuurvereniging (ATKV) se tak op Gobabis, die Tampanne, het ’n week gelede hul “brekel”-projek van stapel gestuur om die ou mense op die dorp dié winter snoesig te hou.

Mee. Sarina Vermeulen sê hulle het ’n beroep op almal gedoen om 30 cm x 30 cm blokkies in enige kleur of patroon te hekel of te brei.

“Ons sal dan al die blokkies aanmekaar werk en kniekomberse vir die bejaardes op Gobabis maak. Ons beoog om 100 komberse te maak. Ons het sowat 80 inwoners in die een en 22 in die ander ouetehuis en dan is daar natuurlik ook nog die ou mensies wat in hul eie huise woon.”

Volgens Vermeulen is die reaksie van die gemeenskap van Gobabis ongelooflik positief.

“Ons het al talle blokkies die week ontvang. Ons het ook geld van mense ontvang wat nie kan hekel of brei nie, maar ’n verskil wil maak. ’n Vrou het my ook gekontak en gesê sy kan nie wol bekostig nie, maar sy kan hekel as ek vir haar wol kan gee.”

Die Tampanne wat uit vier lede bestaan, gaan ook vagwolkomberse koop sodat hulle meer bejaardes kan help.

“Ons gaan die komberse omwerk en gehekelde blomme of iets daarop sit om dit meer tuisgemaak te laat lyk. Ons het baie van die komberse vanuit Windhoek ontvang.”

Vermeulen sê hulle het nie gedink die projek sal so veel reaksie ontlok nie.

“Ons het gedink kom ons probeer iets doen en as dit nie werk nie of ons te min blokkies insamel, het ons ’n goeie begin vir volgende jaar se winter gemaak. Maar soos dit nou lyk, sal ons die komberse nog dié winter kan uitdeel.” - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A