'G'n tandelose bulhond'
Die Onderwysunie van Namibië (TUN) sê hy is 'n organisasie met 'n visie.
Henriette Lamprecht
Onderwysers in vyf landstreke gaan aanstaande week aan 'n vreedsame optog deelneem uit protes teen die feit dat die bulletin vir vakante onderwysposte steeds nie uitgereik is nie.
Dié aankondiging is gister deur die Onderwysunie van Namibië (TUN) gemaak, drie weke ná 'n versoek aan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur om die bulletin op die laatste teen die eerste week van Oktober vry te stel.
Volgens TUN se sekretaris-generaal wys die vakbond se optrede hy is nie 'n “tandelose bulhond nie, maar 'n organisasie met 'n visie en missie vir Namibiese onderwysers en onderwys”.
In reaksie op TUN se vorige ultimatum hieroor het die ministerie toe by monde van sy woordvoerder gesê hy sou dieselfde week 'n verklaring in dié verband uitreik.
Gister het mnr. Absalom Absalom by navraag dieselfde standpunt gehuldig. Dié amptelike reaksie is nie teen druktyd ontvang nie.
'onderwysers gevange'
Mnr. Mahongora Kavihuha het namens TUN gesê onderwysers sowel as onderwysstudente sal op 17 Oktober om 10:00 in Windhoek (Khomas), Ongwediva en Oshakati (Oshana), Katima Mulilo (Zambezi), Keetmanshoop (//Kharas) en Rundu (Kavango-Oos) aan die vreedsame optog deelneem.
Kavihuha het gesê die vertraging in die vrystelling van die bulletin “hou onderwysers gevange”.
Hy het na die minister van onderwys, kuns en kultuur en haar permanente sekretaris verwys wat mekaar glo oor dié kwessie weerspreek het.
“Die minister (me. Katrina Hanse-Himarwa) sê die stelsel moet skoongemaak word en daar moet bepaal word hoeveel onderwysers daar is, alvorens poste geadverteer kan word.
“Dít terwyl die permanente sekretaris, me. Sanet Steenkamp, sê hulle wil eers die skole sluit en dán die poste adverteer,” het hy gesê.
Volgens hom kan dié tipe weerspreking “nie ligtelik opgeneem word of as 'n werklike verduideliking of verskoning gebruik word nie”.
Kavihuha het voorts gesê die beplande optog word in beginsel deur die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) en ouers ondersteun, omdat dit ten doel het om die “kwaliteit van onderwys te verbeter”.
Die vakbond het 'n beroep op alle onderwysers en onderwysstudente van beide staats- en private instellings, sowel as die algemene publiek gedoen wat “werklik besorg is oor die status van onderwys” om dié betrokke dag by die beswaardes aan te sluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie