G’n salf vir Covid-19 se littekens op ekonomie
Die Wêreldbank sê benewens die korttermynimpak van die pandemie gaan dit op lang termyn lei tot laer investering en langdurige werkloosheid.
Hanlie Stadler – Die Covid-19-pandemie gaan “blywende littekens” in baie lande se ekonomieë los, sê die Wêreldbank in ’n nuwe verslag oor die vooruitsigte vir die wêreldekonomie.
Die bank noem die pandemie die ergste vredestydse skok wat die wêreldekonomie in 100 jaar beleef het.
Gedwonge inperkings sowel as mense se natuurlike reaksie om hulself tuis veilig te hou – en gevolglik ekonomies minder aktief te wees – verteenwoordig ’n “ongekende kombinasie van negatiewe skokke wat diep resessies” in baie lande meebring. En dít terwyl die wêreldekonomie 2020 nie juis op ’n gesonde voet begin het nie.
Die Wêreldbank reik Woensdag sy nuutste verwagting oor ekonomiese groeisyfers uit, en waarsku lande wat staatmaak op wêreldhandel, toerisme, geldoordrag van oorsee en hulpbronuitvoer, gaan veral swaar getref word. Suid-Afrika is juis so ’n land.
Lande wat olie uitvoer, gaan egter die ergste ly weens die vryval in oliepryse. Die bank voorspel dat die wêreldvraag na olie vanjaar met ’n ongekende 9% gaan daal.
Die Wêreldbank sê benewens die korttermynimpak van die pandemie gaan dit op lang termyn lei tot laer investering en langdurige werkloosheid, ook omdat baie jong mense se onderrig of loopbaan onderbreek is.
Die liggaam voorspel ’n trae ekonomiese herstel omdat mense se gedrag dalk permanent gaan verander.
Daarby gaan wêreldwye verskaffingskettings lank ontwrig bly, wat lande gaan raak wat in die verlede op uitvoer staatgemaak het om hul ekonomie te ondersteun. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie