G’n geld vir skoonmaakmiddels vir Opuwo-hospitaal
Die distrikshospitaal op Opuwo het sedert April niks geld vir enige skoonmaakmiddels nie.
Die hospital stink al en pasiënte lê in onhigiënse toestande, het ‘n skoonmaker aan Nampa gesê.
Van die skoonmakers het die afgelope maande middels van hul huise gebring om die sale skoon te maak en die wasgoed te was, maar hulle kan dit ook nie meer bekostig nie. Nou word klere en linne net in water uitgespoel voordat dit weer gebruik word.
Die ambulanse is ook stukkend en daar is geen geld om dit te herstel nie.
Die gesondheidsdirekteur vir die Kunenestreek, mnr. Thomas Shapumba, het die toedrag van sake bevestig. Geld van die hoofkantoor in die Windhoek is aangevra, maar is nog nie goedgekeur nie, sê Shapumba. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie