GMSA se onttrekking eis eerste slagoffer
General Motors Suid-Afrika (GMSA) se besluit om hom aan Suid-Afrika te onttrek het sy eerste slagoffer geëis.
Coega Autospray, ’n maatskappy in Uitenhage in die Oos-Kaap, wat plastiekdele vir die afronding van motors vervaardig en GMSA as sy grootste klant gehad het, is voorlopig gelikwideer.
Chris van Zyl van Mazars, een van die vier voorlopige likwidateurs wat by die maatskappy betrokke is, sê dit is hoogs onwaarskynlik die maatskappy van sy benarde finansiële situasie sal herstel.
Van Zyl sê volgens die maatskappy het hy net voorraad tot September waarna, indien hy nie ’n aanbod van ’n ander maatskappy kry nie, hy waarskynlik gaan sluit en al sy bates sal opgeveil word.
Die hooggeregshof in Port Elizabeth het laat in Julie Vumela Enterprise Development Trust se aansoek om die maatskappy in voorlopige likwidasie te plaas goedgekeur.
Die trust het beweer Coega Autospray skuld hom meer as R33 miljoen aan skuld en rente.
Die maatskappy het 79 mense in diens en 85% van die werk wat hy doen, is vir GMSA.
Die hooggeregshof sal op 22 Augustus ’n finale besluit oor die likwidasiebevel neem.
Andrew Buchanan, Vumela se hoof van na-beleggingsbestuur, sê in ’n verklaring wat by die hof ingedien is dat GMSA se besluit om hom aan Suid-Afrika te onttrek het Coega Autospray se bedrywighede in só ’n mate beïnvloed dat hy nie in staat sal wees om sy skuld te betaal nie.
Volgens die verklaring is GMSA die respondent se grootste klant en verskaf ongeveer 85% van sy inkomste.
“Die maatskappy het die laaste paar jaar [’n laer aantal bestellings] as wat die oorspronklike doelwitte was, geplaas.
“Hierdie is een van die groot redes vir die respondent se huidige finansiële verknorsing,” lui die verklaring.
“Die respondent het die laaste 12 maande probeer, maar misluk om ’n nuwe klant te kry wat sy afhanklikheid aan die enkele klant verminder.
“Dit is onwaarskynlik dat die respondent slegs op die volumes wat hy vir Isuzu lewer, sal oorleef aangesien Isuzu net 85 voertuie per maand teenoor GMSA se 100 per dag lewer.”
Coega AutoSpray wou nie kommentaar lewer nie. - Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie