Gloucester lok Conradie na Engeland
Rugby
Andrew Poolman – Dit is voorspelbaar dat die Namibiese yster Wian Conradie se rugbyprofiel verder sal klim met die Engelse premierligaklub Gloucester se aankondiging dat hy die 26-jarige losvoorspeler se dienste vasgeknoop het.
Conradie het sedert sy aansluiting by die Amerikaanse Major League Rugby-klub New England Free Jacks briljante spel gelewer.
Die Free Jacks was wel met hul vierde eindposisie nie een van die toptwee in die oostelike konferensie wat vir die uitspeelronde gekwalifiseer het nie, maar die Namibiër se tipiese inklimspel en hoë werktempo was opnuut uitstaande.
Sy Amerikaanse span sou gister hul laaste verpligting van die seisoen op hul tuisveld teen die oostelike konferensie se reeds gekwalifiseerde voorloper, Rugby Atlanta, afgesluit het.
Een van Conradie se verskeie puik vertonings was in Aprilmaand teen New Orleans Gold, waar sy landgenoot Damian Stevens as skrumskakel en stelskopper ook gereeld die oog vang.
Hoewel die NOLA Gold-span met 30-29 oorleef het, was Conradie behoorlik 'n doring in hul vlees deurdat hy 67 meter met sy 13 lopies as baldraer gevorder het, drie aangeë ondanks duikvatte weggekry het en 93% suksesvol was met die 14 duikslae wat hy uitgevoer het.
Conradie het vorige ondervinding van rugby in Engeland. Vir 'n paar maande voordat Covid-19 wêreldwyd begin toeslaan het, het hy 'n waardevolle bydrae tot Doncaster Knights se aanslag in die RFU-kampioenskap, die tweee vlak van professionele rugby in dié land, gelewer.
Die Namibiër het reeds in 19 toetse vir Namibië sy waarde onderstreep, insluitend by twee Wêreldbekertoernooie (Engeland 2015 en Japan 2019) en het ook reeds as beroepspeler bewys dat hy ewe doeltreffend as flank of agtsteman is.
Alex Brown, bedryfshoof van Gloucester Rugby, is opgewonde oor die aankondiging dat Conradie binnekort sal aansluit by sy klub, wat in die afgelope seisoen elfde in die Engelse premierliga geëindig het.
“Wian is 'n speler met baie belowende vooruitsigte, vir wie ons geïdentifiseer het as iemand met die vermoë om in die premierliga sy merk te maak.
“Ons was op die uitkyk om ons opsies onder die losvoorspelers uit te brei en Wian is presies die soort speler wat ons by Gloucester Rugby wil inbring.
“Sy fisieke invloed en hoë werkvermoë maak hom 'n opwindende kopie en ons het volle verwagting dat hy 'n gewaardeerde lid van die spelersgroep sal word.”
Gloucester is tans die tuiste van twee spelers wat saam met die Britse en Ierse Leeus in Suid-Afrika toer, naamlik die Engelse vleuel Louis Rees-Zammit en Skotland se senter Chris Harris.
Conradie, oudskolier van Windhoek Hoërskool, se vorige rugby-ervarings het 'n paar seisoene van Varsitybeker ingesluit terwyl hy 'n UJ-student en vir een seisoen by die Pukke was.
Sy skoolmaat Janco Venter (Saracens, losvoorspeler) en die senter/vleuel Lesley Klim (Jersey Reds) is die twee Namibiërs wat tans by klubs in die Engelse kampioenskap gekontrakteer is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie