Glo wu00e9u00e9r op toeriste in Bwabwata geskiet
Glo wu00e9u00e9r op toeriste in Bwabwata geskiet

Glo wéér op toeriste in Bwabwata geskiet

Sowat 'n jaar gelede is klein Alexia Keil in die Bwabwata Nasionale Park in die kop geskiet en verlede week is skote glo op Duitse toeriste se voertuig afgevuur.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die geskiedenis herhaal homself met nóg 'n beweerde skietvoorval op toeriste in die Bwabwata Nasionale Park in die Noordooste.

Dié keer is daar gelukkig geen gewondes soos in die geval van 'n Namibiese meisie 'n jaar gelede nie.

Alexia Keil, toe drie jaar oud, was die slagoffer van ’n traumatiese voorval op 15 Maart 2017 in dié nasionale park.

’n Koeëlpunt moes later tydens 'n operasie in die MediClinic in Windhoek uit haar kop verwyder word. Haar pa, mnr. Harald Keil, het die naweek gesê dit gaan goed met haar.

Verlede Maandag is na wat verneem word op die Duitse toeriste mnre. Rüdiger en Oliver von Knebel Doeberitz se gehuurde voertuig geskiet nadat hulle, ook soos Alexia se pa, op gewapende mans in siviele klere afgekom het, onveilig gevoel het en weggejaag het.

Die twee Duitse toeriste het bedreig gevoel toe twee mans in siviele klere, van wie een gewapen was, glo hul voertuig genader het.

"Die een met 'n geweer wat voor hom hang, het dronk gelyk en in swak Engels gemompel en die ander een het vreesaanjaend gelyk," het die Duitsers in 'n verklaring gesê.

"Uit vrees vir 'n rooftog het die bestuurder besluit om liewer te ry.

"Ons het geen waarskuwingskote gehoor nie. Die skote - tussen 10 en 12 - het gevolg enkele sekondes ná ons weggejaag het."

Die bestuurder het gesê hy kon hoor hoe die bakkie getref word.

Hulle beweer hulle wou so vinnig moontlik wegkom om op die B8-pad en terug by Nunda River Lodge te kom, waar hulle tuisgegaan het.

"Ons was geskok en onder die indruk dat ons stropers in die park teëgekom het wat ons wou doodmaak," het hulle gesê.

Toe hulle by die teerpad kom, het hulle 'n ent verder langs die pad gestop om eers tot verhaal te kom. 'n Bakkie het glo voor hulle gestop en vier mans in kamoefleerdrag, van wie twee na bewering gewapen was en swart maskers gedra het, het hulle genader.

"Hulle het gevra wat met ons venster gebeur het. Ons het gesê daar is op ons geskiet en hulle het gesê hulle weet daarvan. Ons het gevra waarom op ons geskiet is."

Die antwoord was glo "om julle dood te maak" en die toeriste moes hulle na 'n padblokkade wes van Buffalopark volg.

Hulle het glo 'n uur daar gebly terwyl foto's geneem is en vrae beantwoord moes word.

"Julle toeriste moet verstaan julle is in Namibië, julle kan nie vir ons sê wat ons moet doen nie," is die toeriste glo toegesnou terwyl hul voertuig glo deeglik deursoek is.

Ten minste een van die koeëlpunte is na wat verneem word in die alumuniumkap van die bakkie gevind.

Daarna is almal na bewering na die Divundu-polisiekantoor waar die toeriste buite moes wag.

Ná 'n uur het die lodge se eienaar, mnr. Cameron Wilson, tot hul redding gekom, maar hy mag aanvanklik glo nie met die toeriste gepraat het nie. Intussen is die Duitse ambassade gekontak.

"Wilson het aan ons gesê die polisie gaan ons aankla, ons gaan die nag in die tronk toegesluit word en moet elk 'n boete van N$7 200 betaal. Hy het ons aangeraai om amptelik verskoning te vra."

Die toeriste is na die gebou geroep en glo met 'n nag in die selle gedreig. Op die ou end het hulle glo in 'n verklaring verskoning gevra, 'n boete van N$60 betaal en kon hulle om 19:00 vertrek.

GEEN REAKSIE

Die geskiedenis herhaal homself ook wat die owerhede se stilswye betref. Op navraag van Republikein het 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, Donderdag gesê sy dra kennis van die voorval, maar het nog geen verslag daaroor ontvang nie. Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, hoofwoordvoerder van die polisie, was nie van die voorval bewus nie.

Die waarnemende woordvoerder van die Namibiese weermag, mnr. Gideon Shuuya, het Vrydag gesê weermagsoldate en lede van die teenstropingseenheid is in die park teenwoordig.

"Bwabwata en die teenstropingseenheid val onder die ministerie van die omgewing en toerisme. Hul woordvoerder is in beheer van kommunikasie oor die skietvoorval."

Die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, het die voorval bevestig, maar het Vrydag gesê hy en die direkteur van parke en wildlewe, mnr. Colgar Sikopo, wag nog op die parkowerhede se verslag.

Verlede week is 'n olifantkarkas naby Nkurenkuru in die Kavango-Wesstreek gevind. Dit is die vierde olifant wat vanjaar in die Noordooste gestroop is.

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%