Glimlag!
My grootste vrees is dat mense dink ek is nors. My teenvoeter vir hierdie vrees is om vir enigiemand wat lyk of hulle enigsins in my rigting kyk, te glimlag – soos die Namibiese tradisie maar eintlik is.
Dit het my nog altyd verbaas hoe baie mense my sal raaksien, besef ek is besig om te groet en dan vinnig sal wegkyk asof hulle dit nie gesien het nie.
Jy verstaan, baie mense glo mos almal en alles is benede hulle – veral die dokter en die bankbestuurder se vrou. Die bevoorregtes.
Die dokter se vrou kan een van twee dinge wees: snoet of kaalvoetkind. Daar is nie iets in die middel nie, en jy weet dit, maar dit is ’n storie vir ’n ander dag.
Ek praat hier van die dokter se vrou wat te veel swart eyeliner dra en gereeld klonte op haar wimpers sit asof sy nie weet hoe maskara gebruik moet word nie.
Sy is preuts asof dit uit die mode gaan en dit maak haar mos God se gunsteling.
Ek is Sondag na ’n geleentheid in ’n nedersetting en stop toe op pad soontoe by ’n winkel om ’n koeldrank te koop. Soos die wêreld se wreedheid maar soms werk, sien (en glimlag) ek vir Tannie Maskara.
Daarná is ek by die nedersetting in na die Meduletu-gemeenskapsaal om my werk te doen.
By Meduletu word elke liewe glimlag beantwoord en ek moet bontstaan vir die “hallo, meisie, kom sit by ons” en “wil jy nie by ons hierdie en hierdie groep aansluit nie?”.
Die meisie vir wie Tannie Maskara gegryns het en die meisie wat by die Meduletu-gemeenskapsaal is, dra miskien dieselfde klere, maar die twee is vreemdelinge vir mekaar.
Daar val dit my by: Ek het so te sê nog altyd die omgee en aanvaarding waarvoor ek in bevoorregte kringe moet smeek in die minderbevoorregte kringe gekry.
Ek moes in my kort lewe al so baie tongklappe en fluisters agter bakhande ignoreer omdat ek in kringe beweeg wat my aanvaar.
Nou vra ek die lieflike nasie: Wat maak van my so ’n randeier?
Ek was nog altyd jul eenkantkind, maar toe ek dit aanvaar en iewers gaan waar ek die aanvaarding kon kry wat julle my nog nooit wou gee nie, klap die tonge nog erger omdat dié eenkantkind julle kwansuis verwerp het.
Is dit die hoender of die eier?
Ek dink ons het almal nog ’n paar lesse om te leer oor aanvaarding van ons medemens en liefde vir ons naaste.
As jy belangstel om te leer, kry ek jou by die Meduletu-gemeenskapsaal op Swakopmund.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie