Gladiators 'sal verbeter' teen Eswatini
Sokker
Die Brave Gladiators het teen 'n sterk Zambiese span verloor, maar sal beslis verbeter vir hul laaste groep C-wedstryd teen Eswatini tydens die Cosafa vrouekampioenskap in Gqeberha.
Die Namibiese vroue het met 3-0 teen Zambië verloor en bevind hulle in die derde plek in groep C met een punt. Afrigter Woody Jacobs se span sal wel die lesse uit dié nederlaag nou gebruik om die voorbereiding vir Eswatini te verbeter, sê hy.
“Dit was vir ons 'n baie goeie eerste helfte; die enigste probleem was Zambië se eerste doel wat die gevolg was van 'n gebrek aan konsentrasie en toewyding was, maar ek waardeer hoe my span in die geheel aangehou veg het.
“Ons het Zambië se spasie beperk en hulle genoop om met langafstandskoppe los te trek. Ons het baie wys geword uit die wedstryd. Onthou dat Zambië se span onlangs by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio in aksie was nie,” was Jacobs se beoordeling van sy span se nederlaag.
Namibië, wat sy openingswedstryd teen Uganda met 0-0 gelykop gespeel het, berei voor om later vandeesmaand in 'n kwalifiserende wedstryd vir die Afrika Nasiebeker-vrouetoernooi teen Tanzanië te speel.
Die Gladiators pak Eswatini vandag om 15:30 vir hul laaste groepwedstryd.
“Een punt uit twee wedstryde teen twee spanne van sulke gehalte is vir my billik, want die positiewe wat ek hieruit put, is die wedstrydfiksheid wat ons opbou. 'n Wedstryd is die beste maatstaf om die fiksheidsvlak te meet en ek glo in ons geval dat ons ons spel moet verbeter om te kompeteer teen kwaliteitspanne en heeltyd op ons tone te wees,” sê Jacobs.
Die afrigter voeg by dat 'n oorwinning in die laaste wedstryd noodsaaklik is.
“'n Oorwinning is altyd 'n hupstoot vir die moraal, so ons sal herstel, terugkom op die veld en die ontmoeting met Eswatini met 'n wengees aanpak,” verduidelik Jacobs.
Uganda het vroeër Sondag met 5-1 teen Eswatini gewen om tweede in die groep op vier punte te wees, twee agter Zambië.
– NFA.org.na / Nampa
FOTO’s
Memory Ngonda van Namibië word deur Avell Chitundu van Zambië uitgedaag. Foto’s Ryan Wilkisky, BackpagePix
Die Brave Gladiators se Twelikondjele Amukoto in besit van die bal teen Zambië.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie