Gister se spore
Tielman van Lill – Dit gebeur op die mees onverwagse oomblik dat ’n geliefde naby ons, skielik baie siek raak of sterf. Dan begin jy op ’n ongedwonge manier oor daardie mens dink wat skielik aan ’n baie dun lewensdraad hang of dood is.
Partykeer kan dit ’n studie van daardie mens wees, soms net ’n vinnige draai in die verlede om aan dáái eendag te dink toe dit of dat plaasgevind het. ’n Skildery soos om deur ’n venster na buite te kyk en voetspore in die sagte sand te sien waar daardie mens eens in jou lewe getrap het.
Ek het eendag onverwags die nuus ontvang toe my een swaer op ’n Sondagnag inderhaas per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal vervoer moes word. Die diagnose was ’n aneurisme van die aorta en hy is die Maandagnamiddag inderhaas geopereer. Volgens die dokters haal ’n groot persentasie van dié gevalle nie die hospitaal nie en selfs indien hulle geopereer word, is die kanse bitter skraal om dit te oorleef.
Ná die operasie vra ek aan my familie of daar dan nie voor die tyd enige simptone was nie, waarop ek meegedeel word dat hy wel vir bykans ’n jaar lank gereeld erge buikpyne gehad het. Volgens die spesialiste was die geweldige pyn die enigste simptoom dat hy wel só ’n mediese toestand kon gehad het.
So is meen een geliefde Swaer onlangs weens kanker oorlede. ’n Mens waarna ek opgekyk en gerespekteer het. Talle oudkollegas en kennis is die afgelope weke afgemaai. Ek dink met heimwee aan ons tye saam.
Wat nie lekker is nie, is om te hoor hoe daardie mens, ’n mens wat ’n pa, oupa, eggenoot, broer, oom en swaer is, soos ’n insek gedissekteer word. Kort ná die operasie het my Swarra ’n hartaanval gehad en was daarna so verdoof dat hy nie eens van sy lyding geweet het nie.
Toe gebeur dit dat daar bloedstolling in sy bene voorkom en beide bene word bo die knieë afgesit om gangreenvergiftiging te voorkom. Toe begin sy vingers en arms op dieselfde wyse soos sy bene dood te gaan. En die vraag kom onwillekeurig op of daardie twee arms wat eens op ’n tyd vir Maties se eersterugbyspan en WP-skole ’n bal met hartelus rondgegooi het, ook geamputeer gaan word? Maar voor dit kon gebeur, is hy van sy lyding verlos.
Ons laat almal spore waar ons geloop het. Soms is dit ’n onwillekeurige dwaal of ’n doelgerigte stap, maar die eindresultaat bly dieselfde. Gister se spore lê dikwels nie waar dit moet nie. ’n Simptoom waaraan gewerk en reggestel kon word, is meer as gereeld die oorsaak van pyn waar gesinne verwronge gelaat word. Kinders moet sonder ma of pa vir lang tye klaarkom en dit oor selfsugtige optrede wat verhoed kon gewees het as daar net vroeër aandag aan die tekens daarvan gegee kon word.
’n Stukkende gesin hinkepink soms vir jare daarna voort. Herstel nooit regtig nie, want daar waar die amputasie plaasgevind het, het ’n litteken gevorm wat tot aan die einde met groot vertoon vir almal grynslag. ’n Vingerverwysing om te sê dat daar gefaal was. ‘n Beskuldiging van formaat.
Soms lê ’n voetspoor soos ’n yl rokie teen die blou lig in iemand se hart. Amper soos ’n wildsbok wat vir ’n vlietende oomblik daar vertoef het en toe verwilderd verder gevlug het. Soms is dit diep getrap, in die sand versonke om daar te lê om deur jou skansvenster waar te neem. ’n Herinnering.
Ons almal weet hoe wielspore aan ons pragtige kusgebied ingekeep lê. Soos die kapmerke van ’n tweesnydende swaard word dit op die onverwagte natuur afgeforseer waar dit vir nog baie jare sal vertoon.
So is ons spore van gister wat in ander se geheues ingeëts is. In hul menswees vasgesement met woord en daad wat later tot ’n simptoom kan ontwikkel. Ons kan nie terug gaan en die tekens verwyder nie, want heel dikwels is die maklikste uitweg om met ’n woeste getrap merke te los waar dit nie in die eerste plek moes wees nie. Ons almal los spore in ander se lewenspad. Hoe lyk jou spore van gister? Veral met die banvloek van Covid wat om ons hang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie