Gimnastiekklub vorder vinnig
Die artistiese gimnaste van die Simonfi Gimnastiekakademie (SGA) het verskeie sterk vertonings gelewer by die onlangse nasionale kampioenskap. Trouens, uit die ses vlakke waarin afrigter Juliana Simonfi se gimnaste meegeding het, is die trofee vir die beste gimnas in vyf kategorieë ingepalm. SGA se nasionale trofeewenners was Charlotte Potgieter (vlak 1), Esmeralda Nel (vlak 3), Diana Kaura Feris (vlak 4), Ueritjiua Tjitjemisa (vlak 5) en Gochane Awaseb (vlak 6). Afrigter Simonfi, wat haar klub in Koinsebstraat in Kleine Kuppe gedurende Februarie vanjaar geopen het, sê sy is baie trots op die meer as 40 medaljes wat haar gimnaste by die nasionale kampioenskap verower het. Foto Andrew Poolman
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie