Gimnasiums vat nie kanse
Gimnasiums vat nie kanse

Gimnasiums vat nie kanse

Die MTC Nestor Sunshine- en MTC Salute-boksakademies het hul verbintenis gewys om hul boksers veilig te hou te midde van die verspreiding van die coronavirus. Beide akademies het hul belofte gestand gedoen om die boksgimnasiums minstens een keer per maand te ontsmet. Die twee vooraanstaande boksklubs het dié week ’n tree verder gegaan deur al die boksgimnasiums in die hoofstad sonder enige koste te ontsmet. Die optrede is geborg deur Salute Trading wat ook juis in die besigheid van ontsmetting is. Die bokspromotors Nestor Tobias (Sunshine) en Kiriat Kamanya (Salute) sê in ’n geamentlike verklaring: “Ons is daartoe verbind om ander gimnnasiums by te staan om te verseker dat hulle ten alle tye veiligheid handhaaf. Ons sal hulle deurgaans help om hul gimnasiums gereeld te ontsmet. Ons moedig alle boksers aan om deurentyd goeie persoonlike higiëne en sosiale afstand toe te pas wanneer hulle in die openbaar is.” Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2026-07-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer