Gimmies betrek oud-Bok se vernuf

Jannie de Beer as direkteur van rugby en Janneman Brand as hoofafrigter begin 'n nuwe era vir die rooi en swart span.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Curro Windhoek Gimnasium ondergaan volgende jaar 'n omwenteling in die struktuur van sy rugby-opset ná die vertrek van sy afrigter van die afgelope seisoene, mnr. Jaco Engels, wat nou 'n klub in Rusland afrig.

Die spogskool het gister van sy planne vir 2020 onthul, insluitend die bekendmaking dat die voormalige Springbok-losskakel Jannie de Beer as direkteur van rugby die oorhoofse leiding oor Windhoek Gimnasium se spanne en afrigters sal neem.

Mnr. Janneman Brand neem oor as hoofafrigter van die eerste span, die Schoemans-groep Windhoek Gimnasium Leeus, met mnre. Abrie Myburgh en Mauritz Thirion as hulpafrigters.

Brand (48), oudskolier van Hoër­skool Academia, het vir Suidwes se Cravenweekspan gespeel voordat hy later Maties, die Westelike Provinsie, Griekwas, die Bulls, Sale Sharks en die Springbok-sewespan verteenwoordig het. Hy het verlede jaar Gimmies se o.14's afgerig.

Gimnasium se besturende direkteur, me. Colette Rieckert, sê: “Ons het onlangs die posisie as direkteur van rugby geskep, wat meer as net afrigting behels. Jannie sal as 'n ambassadeur vir rugby optree om ons visie uit te leef om ook rugby in ons breër Namibiese gemeen­skap te bevorder.

“Jannie sal in Januarie aanmeld en sal verantwoordelik wees vir administrasie en om ons strukture – vanaf tjokkervlak tot die eerste span – te versterk.

“Die direkteur van rugby se eerste plig is die ontwikkeling van 'n uitdagende en insluitende program wat oor alle ouderdomsgroepe strek. Saam met ons skool se rugbykomitee sal hy verseker dat ons seuns geïnspireer word om lewenslank aktief te wees en die krag van sport te gebruik om hul welsyn te ondersteun, karakter te bou en positief tot die samelewing by te dra.”

Die 48-jarige De Beer het 'n invloedryke loopbaan vir die Springbokke gehad in sy 13 toetse van 1997 tot 1999.

Hy het 181 punte versamel, maar sy naam sal waarskynlik altyd sinoniem bly met die Wêreldbeker-kwarteindstryd van 1999 teen Engeland in Parys, toe hy in die tweede helfte vyf skepdoele deur die pale gestuur het. Benewens sy 32 punte vir die dag het hy ook met 'n dwarsskop die finale drie vir linkervleuel Pieter Rossouw geskep vir 'n wegholtelling van 44-21.

Die volgende week in die semifinaal teen Australië het hy opnuut een skepdoel behaal en in die 80ste minuut met 'n lang, skuins strafdoel in die reën getref om die telling gelykop te maak en bykomende speeltyd af te dwing. Dit was egter die Wallabies wat laaste gelag het met Stephen Larkham se wen-skepdoel wat Nick Mallett se Bokspan uitgeskakel het.

As professionele speler het De Beer ook vir die Vrystaat, die Bulls en die destydse Cats in Superrugby, London Scottish en Saracens uitgedraf.

Weg van die speelveld het hy in 2014 sy outobiografie High Five vrygestel waarin hy onder meer die verhaal deel hoedat hy vir jare van sy pa Jan vervreemd was.

Jan se destydse drankverslawing het onder meer daartoe gelei dat Jannie as universiteitstudent 'n interdik teen sy pa gekry het. Die seun het egter in 1994 sy pa gaan opsoek en 'n proses van vergifnis begin wat hul verhouding herstel het.

Sedert sy uittrede as speler was De Beer onder meer skopafrigter van die Valke en hulpafrigter van koshuisspanne van die Pukke. Hy is ook 'n sakekonsultant en tree as motiveringspreker op.

• Die afrigters van Gimnasium se ander rugbyspanne vir 2020 is Otto Swarts (tweede span), Gerhard Lotter en Appel de Klerk (derde span), Jan Dames en Ian Schoonwinkel (o.15's), Wessel Kotzé en Francois van Schouwenburg (o.14's).



TOER NA JAPAN

Windhoek Gimnasium het die uitnodiging aanvaar om volgende jaar vir die eerste keer sy o.19 eerste span na die Sanix Wêreldjeugtoernooi te stuur wat in Fukuoka in Japan aangebied word.

Net agt rugbyskole – uit Nieu-Seeland, Australië, Suid-Afrika, Engeland, Frankryk en nou ook Namibië – is genooi na die jaarlikse toernooi wat van 26 April tot 6 Mei 2020 gespeel sal word. Agt Japanse skole sal ook meeding.

“Dit is vir ons skool 'n groot eer en dit spreek van die voortdurende gehalte waarvoor ons rugby oor jare bekend geword het. Die toer is inderdaad iets waarna ons baie uitsien en ons glo dit sal 'n hoogtepunt op ons jaarlikse rugbykalender word,” sê Gimnasium in die nuusvrystelling.



SEWESRUGBY

Die skrikkelnaweek van 28 en 29 Februarie 2020 is vasgeknoop vir die jaarlikse Capricorn Internasionale Sewesrugbytoernooi by Windhoek Gimnasium.

Die hernude borgskap is vir volgende jaar bevestig en die toernooi sal opnuut voldoen aan die feestelike skouspel wat dit in onlangs jare was, het mnr. Wessel Kotzé as een van die organiseerders gesê.

Suid-Afrika, Duitsland en Zimbabwe het reeds hul deelname soos in elke vorige jaar bevestig vir die o.18-kompetisie waarin Namibië ook 'n span in die veld sal stoot.

Terugvoer word nog afgewag van die uitnodigings wat ook aan opwindende o.18-spanne soos Rusland, die VSA, Kenia en Mauritius gestuur is.

Soos altyd sal Namibiese skole ook vir die toernooi in hul afsonderlike kompetisie kan inskryf en kan Kotze hieroor skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%