Gibeon vier ouma Hulda se 100ste
Die gemeenskap van Gibeon het die naweek groot makietie gehou om ouma Hulda Isaak (middel) se 100ste verjaardag te vier. Sy is op 28 November 1917 op Schlip gebore en is op 10 Maart 1930 met Salmon Isaak getroud. Die egpaar het 12 kinders gehad, van wie net twee nog leef. Ouma Hulda, wat in 1988 na Gibeon verhuis het, spog ook met 40 kleinkinders. Haar stokperdjies is naaldwerk en klere was. Hier is sy tydens die feesvieringe Saterdag saam met haar dogter, Griet (70), en haar seun, Naftalie (66). Foto Verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie