Ghana se Black Stars die hoofdis vir Geingob-beker
Sokker
Tielman van Lill - Die vyfde weergawe van die jaarlikse dr. Hage Geingob-beker is gister by die hoofkwartier van Namibië Brouerye (NBL) in die hoofstad bekendgestel met die groot nuus dat die Black Stars van Ghana op 24 November teen Namibië se Tafel Lager Brave Warriors by die Sam Nujoma-stadion op die veld gaan stap.
Met die instelling van die dr. Hage Geingob-trofee in 2014 was die eerste toernooi op Afrika-dag gespeel waar Mamelodi Sundowns, die kampioenklub van Suid-Afrika, teen Namibië se topklubs die doelnet geteiken het.
In 2015 en 2016 is dieselfde prosedure gevolg, maar verlede jaar is besluit om eerder Namibië se senior nasionale span teen 'n ander teenstander uit Suidelike Afrika vir toeskouers te bied.
Die keuse het op Zimbabwe geval en Namibië klop op 12 November die buurland se Warriors by die einste Sam Nujoma-stadion met 3-1 in dié eenmalige Fifa-botsing.
Soos in die verlede is die Namibië Brouerye met sy Tafel Lager-handelsmerk die hoofborg, wat ook deur MTC, Air Namibia, Namibia Wildlife Resorts en Huawei ondersteun word.
Mnr. Ian Stevenson, sportliefhebber en NBL se internasionale bestuurder vir borgskappe, het gister ook 'n spreekbeurt gekry.
“Behalwe dat ons by NBL passievol oor sport is, is ons daartoe verbind om sport met ons bydrae in die land te help ontwikkel.
“Ons borgskap vir die Tafel Lager Dr. Hage Geingob-beker strek veel wyer as die geleentheid self. Vir dié byeenkoms bied dit jong spelers die kans om sokker hul beroep te maak en só brood op die tafel vir hul gesinne te sit.
“Dit verbeter ook die betrekkinge tussen Afrika-lande en kan toerisme vanuit die res van Afrika ná Namibië 'n hupstoot gee,” het Stevenson gesê.
Mnr. Tim Ekandjo, hoof van menslike kapitaal en korporatiewe bestuur by MTC, het laat vir die verrigtinge opgedaag voordat hy verduidelik het hoe passievol MTC oor sokker is.
“Ons borgskap getuig hoe passievol ons oor ons land en sy mense en hul liefde vir sokker is, want sokker is die nommer een sport in die land.
“Ons is 'n trotse vennoot van die Namibiese Sokkervereniging (NFA) wat met hierdie wedstryd nie net 'n groot leier en 'n man van statuur nie, maar ook ons president vereer,” het Ekandjo gesê.
Wanneer die hekke van die Sam Nujoma-stadion om 11:00 op 24 November open, sal 'n halfdosyn van Namibië se voorste musiekkunstenaars reg staan om die Brave Warriors se ondersteuners te vermaak.
Die kunstenaars sluit in King Tee Dee, Tate Buti, Gaza, Tequila, Exit and Female Donkey wat die beste vertonings gaan opdis.
Die eerste 5 000 toeskouers deur die hekke sal T-hemde en hoedjies ontvang, terwyl ander promosie-artikels ook weggegee gaan word. Kaartjies kos N$30 by Computicket en sal vanaf 17 November beskikbaar wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie