Ghana is Afrika se modeleier

Woodin vir moderne ontwerpe

07 August 2018 | Toerisme
Francoise Steynberg in Accra, Ghana - Oral in Ghana is vroue en mans aangetrek asof hulle reg uit 'n modetydskrif stap.

Die kleure van hul uitrustings is vrolik, helder, eg Afrikaans en jy kan hulle altyd deur 'n ring trek.

Ghana is beslis Afrika se modeleier.

Een ding wat op jou emmerskoplys moet wees as jy Ghana besoek, is om die kleremarkte te besoek en 'n stuk materiaal te koop.

Nóg beter is om vir jou 'n eg Ghanese kledingstuk te koop, of selfs te laat ontwerp.

Die tradisionele kleurryke Wes-Afrikaanse materiale het hul oorsprong in Bonwire, 'n nedersetting in Ghana se Ashantistreek.

Die bekendste Afrikatekstiel is Kente – geweefde materiaal wat net deur hoofmanne en konings gedra is.

Tans word dit steeds net by ­spesiale geleenthede of feeste gedra.

In die 20ste eeu het die mode­bedryf drasties verander en baie ou dinge soos toe almal in Ghana net Kente vervaardig het, is met nuwe, vars modeneigings vervang.

Die jonger geslag modeontwerpers het nuwe lewe in die modebedryf geblaas deur verskillende produkte van Kente - wat net deur die rykes gekoop kon word - met goedkoper materiale te meng.

MODEONTPLOFFING

Modeslawe het begin soek na ­modeontwerpers wat ontwerpe van hul persoonlike keuse teen 'n bekostigbare prys kon bied.

Sommige modeontwerpers was genoop om ander soort Afrika­materiale te vind, wat 'n uitdaging was. Dit het gelei tot 'n modeontploffing met unieke ontwerpe van Afrikamateriale. Hierdie ontwerpe is gebruik om pragtige Afrika-­uitrustings te maak en sommige modeontwerpers in Ghana het ­supersterstatus verwerf.

Een so 'n eg Ghanese mode­handelsmerk is Woodin, wat deur Afrika se kultuur en kuns geïn­spireer is.

“As 'n handelsmerk fokus ons op alles wat Afrika verenig,” is Woodin se leuse met hul hoofkantoor in Tema, suidoos van Accra.

Woodin is die eerste handelsmerk met 'n hedendaagse en eg ­Afrikaanse modereeks.

In die 30 jaar sedert Woodin se bestaan het hulle baanbrekers van die Afrika-modewêreld geword.

Ondanks hul lang geskiedenis bly Woodin se ontwerpe en ­materiale modern. Elke paar weke maak nuwe ontwerpe volgens die jongste modeneigings hul verskyning in Woodin se winkels oral in Ghana en in agt Afrikalande.

Air Namibia bied nou direkte vlugte na Wes-Afrika en vlieg Maandae, Woensdae, Vrydae en Sondae vanaf Windhoek via Lagos in Nigerië na Accra en op dieselfde dae terug.

Soortgelyk

 

Brand breek uit by Spar op Keetmanshoop

7 ure gelede | Ongelukke

'n Brand woed tans by die Spar op Keetmanshoop. 'n Leser het enkele minute gelede dié foto vir Republikein gestuur. Meer inligting is nie tans...

Elfjarige byna ontvoer

2 dae gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n...

Tendertafel net vir buitelanders gedek

2 dae gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n...

Storm los by Unam-eksamen

2 dae gelede | Onderwys

Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.Nagraadse regstudente verbonde aan die...

Kalender 21 September

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié...

’n Mannekoor en wyn vir die pyn

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit. Dít vind op 6 Oktober by die SKW...

Vanjaar reeds 29 renosters in Namibië gestroop

2 dae gelede | Omgewing

Francoise SteynbergAltesaam 21 swart- en agt witrenosters is al vanjaar in Namibië vir hul horings afgemaai.Uit dié 21 swartrenosters is 13 in die Etosha Nasionale...

Gif in waterkrip dalk stropers se werk

2 dae gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht Watermonsters van 'n krip in 'n munisipale kamp wes van Omaruru is vir ontleding na 'n private laboratorium gestuur om te bepaal...

Breek die mure af

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.Shades...