Gewonde renosterkoei vrek
Gewonde renosterkoei vrek

Gewonde renosterkoei vrek

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Een van die vier gewonde renosters op ‘n plaas in Sentraal-Namibië het weens haar beserings gevrek.

Dit volg ná een renosterkoei Saterdag gestroop en haar horings verwyder is. Ná 'n bulkalf se ma gewond is, het hy weens die stres sonder sy ma gevrek.

Volgens mnr. Jaco Muller van die private renosterbewaringsorganisasie, Help our Rhinos Now Namibia (HorN.nam), is ten minste vier renosters gewond, naamlik twee koeie, een bul en een jong vers. Die twee koeie is deur 'n veearts behandel, maar een is gisternamiddag vrek en die ander een se toestand is kritiek. Die ander twee behoort te oorleef.

“Die koei wat gevrek het se vyf maande ou kalfie was vermis, maar ons het haar gisternamiddag gevind en dit gaan goed met haar,” het Muller gesê.

Nambië se renosterstropingsyfer staan nou op 31 vir vanjaar.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer