Gewilde Hauta roep halt
Klubrugby
Ná sy derde keer as lid van ’n kampioenklub in die Namibië Rugby-unie se premierliga het die stut Hauta Veii gister halt geroep op sy klubloopbaan van 12 jaar.
Die vaskop van die FNB Universiteit van Namibië was een van die ervare ankers van die studentespan wat laas naweek hul tweede premierliga-titel in twee jaar beklink het.
“Dis tyd om die stewels op te hang, maar wat ’n reis was dit nie. Vanaf 2005 tot 2007 het ek vir Windhoek Rugbyklub gespeel en vir die volgende drie seisoene vir Western Suburbs, insluitend toe hulle in 2008 die liga gewen het,” het Veii gister op sy Facebook-blad verklaar. Hy het in 2011 die skuif na Unam gemaak.
Die gewilde 31-jarige boorling van Windhoek en oudskolier van HTS het vanjaar ook etlike verskynings in die Curriebeker kwalifiserende veldtog van die Windhoek Draught Welwitschias gemaak – meestal as voorryman, maar soms ook in die hakerposisie.
Hy bly steeds in dié oefengroep vir wie ’n paar wedstryde nog in die tweede rondte voorlê.
Hy was die afgelope jare ’n gereelde gesig in die nasionale oefengroep en hoewel hy bitter naby gekom het, het Veii nooit in ’n toets uitgedraf nie. Hy was byvoorbeeld op die reserwebank in die wentoets teen Senegal in Dakar in 2008, maar is nie opgestuur nie.
Die volgende jaar het hy ook die toer na Suid-Amerika onderneem waar hy in die eerste van die twee wedstryde teen die Argentynse A-span gespeel het.
In sy aankondiging gister het Veii die spesiale rol uitgesonder van Johan Diergaardt, wat hom vanaf o.19-klubspeler tot op nasionale vlak afgerig het.
Werner Jeffery, die universiteit se sportorganiseerder wat Veii omgepraat het om nog ’n seisoen of twee vas te byt, kry ook vermelding. “Hy het gewys wat dit beteken om die spelers eerste te stel en het na ons omgesien asof ons sy eie kinders is.
“Bowenal aan al die spelers teen en saam met wie ek die voorreg gehad het om te kon speel – die vriendskappe op en van die veld is beslis die grootste oorwinnings wat ek in rugby behaal het. Dit was lekker. Wie weet, dalk byt die gogga my weer in die toekoms, maar vir nou is dit tyd vir ’n volgende fase van die lewe.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie