Gewigtige taak op hande vir Desert Roses
Gewigtige taak op hande vir Desert Roses

Gewigtige taak op hande vir Desert Roses

Die pad na kwalifisering vir internasionale deelname begin komende naweek, hoewel sulke aspirasies buite bereik van die huidige onervare groep lyk.
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die Namibiese senior sewesvrouespan is deur Rugby Afrika genooi om aan die kontinentale suidestreek se kwalifiserende toernooi deel te neem waar hulle teen Botswana, Lesotho, Mauritius en Zimbabwe sal meeding.

Die suidestreek se toernooi word komende Saterdag en Sondag in Maseru, Lesotho, gespeel, waar net een land vir die Afrika-seweskampioenskap sal kwalifiseer. Die Afrika-toernooi op sy beurt dien as die kwalifiserende geleentheid vir die 2022 Statebondspele in Birmingham, Engeland, asook die 2022 Seweswêreldbeker (vir mans en vroue) in Kaapstad.

Sestien vrouespanne van oor die wêreld heen sal die geleentheid kry om Septembermaand in die Wes-Kaap hul slag te toon. Die topvier spanne by die laaste Seweswêreldbeker in San Francisco (2018) het reeds vir die uitdaging by die Kaapstadstadion in Groenpunt hand opgesteek.

Dit sal die eerste keer wees dat die Seweswêreldbeker vir beide mans en vroue gesamentlik aangebied word. Dit is ook die eerste keer dat dié kampioenskap in Afrika sal plaasvind.

Laas November se vyftien-toetswedstryd teen Zambië in Windhoek was ’n wrede wekroep vir die vrouespan van die vlak van fiksheid, organisering, spoed en selfbeheersing vereis word om kompeterende rugby te speel.

CJ Kotze, die hoofafrigter van Namibië, het aan Republikein gesê: “Ons het tydens Desember geoefen en die laaste drie weke van Januarie ook hard gewerk. Die meisies lyk goed en ons is opgewonde oor die uitdaging wat voorlê.

“Ons het baie spoed in die span en dis die spelers se kans om te wys Namibië het wel baie talent. Sergio de la Harpe het ons met kondisionering en kragwerk gehelp. Hy was regtig ’n groot hulp vir die spelers.

“Namibië het bitter lanklaas op internasionale vlak meegeding, terwyl ons mededingers floreer het. Ons het seker ses jaar laas sewesrugby op dié vlak gespeel en geen van die huidige spelers het tevore die nasionale trui gedra nie.

“Dis die Desert Roses se eerste geleentheid om hulself teen gerekende Afrika-lande te meet en dan sal ons presies weet wat die stand van sake is. Dan kan die pad vorentoe beplan word.

“Ek het vier nuwe spelers by die span ingesluit wat nie verlede November in die 15-toets teen Zambië in aksie was nie. Kaurirongua Mugunda, Chriszenthia Bassingthwaighte, Ivone Kooper en Shandré Jantjies het hulle by die span aangesluit.”

Die Namibiese span: Euodia Bassingthwaighte (kaptein), Ndapanda Kakundi, Letisha Matheus, Roberta Muatnouhe (almal Unam Steenbokkies); Chriszenthia Bassingthwaighte, Alicia Gertze (onderkaptein), Ivone Kooper, Fiola Vliete (almal Rehoboth-rugbyklub); Gabriella Jahs (Grootfontein); Shandré Jantjies (WHS), Kaurirongua Mugunda (Okahandja Huskies) en Tammy-Lee Roodt (Kudus, Walvisbaai).

CJ Kotze is die Namibiërs se hoofafrigter, terwyl Bronwin Basson die spanbestuurder is. Dr. Wilfred Bezuidenhoudt is die span se mediese beampte.

Die span vertrek môre en keer die 31ste terug.

Nuutste top-20 wêreldranglys (6 Desember 2021): 1 Engeland, 2 Nieu-Seeland (verdedigende wêreldkampioen), 3 Frankryk, 4 Kanada, 5 Australië, 6 VSA, 7 Ierland, 8 Italië, 9 Skotland, 10 Spanje, 11 Wallis, 12 Japan, 13 Suid-Afrika, 14 Rusland, 15 Kazakstan, 16 Samoa, 17 Nederland, 18 Hongkong, 19 Swede, 20 Duitsland.

[email protected]

FOTO
Euodia Bassingthwaighte, ’n voorspeler van die Unam Steenbokkies, is as kaptein van Namibië se vrouesewesspan aangewys. Foto Andrew Poolman

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%