Gewese OP-breier gaan in Kenia afrig
Gewese OP-breier gaan in Kenia afrig

Gewese OP-breier gaan in Kenia afrig

Rugby
Michael Green – Ryan Felix, ’n voormalige afrigter van die Oostelike Provinsie se rugbyspan, is op pad Kenia toe.
Felix gaan die agterlyn-afrigter van die Kabras Sugar-span in Kakamega word.
Nog ’n Suid-Afrikaner, die oud-Bolandflank Henley du Plessis, was tot onlangs nog dié span se hoofafrigter totdat hy weens gesinsredes bedank het.
Mzingaye Nyathi, wat voorheen vir Zimbabwe haker of loskopstut gespeel het, is intussen as die nuwe hoofafrigter aangewys.
Die deurwinterde Kaapse afrigter Jerome Paarwater is die klub se direkteur van rugby.
Felix het die OP in 2017 en 2018 onder moeilike omstandighede afgerig.
Hy het min tyd gehad om ’n span bymekaar te kry en moes meestal van klubspelers gebruik maak.
Hy het ook al OP-klubs gebrei soos Progress en Harlequins, vir wie hy vroeër losskakel gespeel het. – Netwerk24

FOTO
Ryan Felix gaan groener weivelde in Kenia soek. Foto Michael Green

Kommentaar

Republikein 2026-07-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer