Gewese Afcon-titelhouers skrik Warriors nie af
Sokker
Die Brave Warriors is oorgehaal vir hul 2019 Afrika Nasiebeker (Afcon) openingwedstryd teen Marokko komende Sondag en het hul visier ingestel om 'n paar opskuddings in die kontinentale sokkerskouspel te lewer.
Namibië is sonder twyfel die buiteperd in die sogenaamde “groep van die dood” (groep D) waar Suid-Afrika, Ivoorkus en Marokko hul opponente is in die Afrika-eindtoernooi wat komende Vrydag in Egipte afskop.
Afrigter Ricardo Mannetti sê die Namibiërs se pas afgelope oefenkamp in Dubai het perfek afgeloop.
“Die hitte is soos ons dit in Egipte kan verwag en het ons ook vanuit 'n geestelike oogpunt met ons voorbereiding gehelp. Ons is die span van wie niemand hoë verwagtinge het nie en dit verskaf ons met die dryfkrag om meer te doen. Ons is gereed om alles te gee,” sê hy.
Mannetti, wat in sy speeldae 'n lid van die land se eerste sokkerspan by die Afrika Nasiebeker in 1998 in Burkina Faso was, sê die span is vasberade om hul veldtog Sondag teen Marokko op 'n positiewe noot af te skop.
“Die oorwinning teen Ghana (met 1-0 in 'n vriendskaplike ontmoeting in Dubai verlede week) het ons baie selfvertroue gegee vir die taak wat voorlê. Ons is positief dat ons 'n paar verrassings in Afrika-sokker kan lewer.
“Ons kan nie wag vir die eerste wedstryd om aan te breek nie. Dit is ons droom om ons eerste wedstryd by die Nasiebekertoernooi te wen.”
Die Brave Warriors is bestem om vanmiddag vanuit Dubai in Egipte se hoofstad Kaïro aan te kom. Ná Marokko sal hul tweede wedstryd op Vrydag 28 Junie teen Suid-Afrika wees, voor hul laaste groepwedstryd op Maandagaand 1 Julie teen Ivoorkus.
Marokko (1976), Ivoorkus (1992 en 2015) en Suid-Afrika (1996) was almal reeds tevore die trotse kampioene van Afrika-sokker. Ivoorkus het ook twee keer in die finaal verloor (2006 en 2012), Marokko een keer (2004) en Suid-Afrika een keer (1998).
Die Brave Warriors-groep is: Doelwagters: Ratanda Mbazuvara, Loydt Kazapua, Max Mbaeva. Verdedigers: Ryan Nyambe, Larry Horaeb, Denzil Haoseb, Ivan Kamberipa, Charles Hambira, Riaan Hanamub, Ananias Gebhardt. Middelveldspelers: Absalom Iimbondi, Willy Stephanus, Petrus Shitembi, Ronald Ketjijere (kaptein), Dynamo Fredericks, Marcel Papama, Manfred Starke, Deon Hotto. Voorspelers: Itamunua Keimuine, Benson Shilongo, Peter Shalulile, Joslyn Kamatuka, Isaskar Gurirab.
– NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie