Gewapendes vermom as dokters val hospitaal in Kaboel aan
Afganistan
Gewapende mans wat soos dokters aangetrek was, het gister (Woensdag) Kaboel se grootste militêre hospitaal vir ses ure lank aangeval. Die Islamitiese Staat (IS) het aanspreeklikheid aanvaar.
Minstens drie mense is dood en 66 is in die aanval op die Sardar Daud Khan hospitaal beseer.
Hospitaal-administrateurs sê drie gewapende mans in laboratoriumjasse het in die hospitaal losgebrand nadat ‘n selfmoordbomaanvaller homself by die agterdeur van die hospitaal opgeblaas het.
Die aanvallers is doodgeskiet toe Afgaanse spesiale magte in ‘n militêre helikopter op die dak van die hospitaal geland het. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie