Gewapende rooftog in Windhoek
LifeLink-personeel, Nampol en die Windhoek stadpolisie het vanoggend hulp verleen by 'n bekende kettingwinkel ná 'n gewapende rooftog. Vier persone, drie sekuriteitswagte en 'n werknemer van die winkel is tydens die rooftog aangerand. Die polisie het 'n soektog van stapel gestuur na die drie verdagtes wat steeds op vrye voet is.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie