Gevorderde MIV-behandeling bekend gestel
Volgens die ministerie sal pasiënte mettertyd ‘n dosis van 30 of 90 toedienings by verskeie klinieke en staatsgeriewe kan kry.
’n Nuwe behandeling vir MIV/vigs, wat wêreldwyd as die beste beskou word, is pas in Namibië bekend gestel.
Die uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), mnr. Ben Nangombe, en die Amerikaanse ambassadeur vir Namibië, me. Lisa Johnson, het dié nuwe, gevorderde antiretrovirale (ARV) behandeling, genaamd E Tenofovir/Lamivudine/Dolutegravir (TLD), amptelik by die Nathaniel Maxwilili-kliniek in Windhoek bekend gestel.
TLD is die mees gevorderde MIV-medikasie wat tans beskikbaar is.
Volgens Nangombe verseker die ministerie met die bekendstelling van TLD dat Namibiërs toegang tot die beste moontlike behandeling vir MIV het.
Klinieke en gesondheidsgeriewe sal volgens Nangombe binne die volgende ses maande besluit of dié medikasie gepas is vir elke MIV-positiewe Namibiër.
Indien wel sal dit vir pasiënte beskikbaar gemaak word.
“Die benadering tot die bekendstelling van die medikasie sal verseker elke pasiënt ontvang ‘n evaluering van sy of haar betrokke behoeftes en vereistes,” het Nangombe gesê.
Volgens hom sal pasiënte mettertyd ‘n dosis van 30 of 90 toedienings van die medikasie by die verskeie klinieke en staatsgeriewe kan gaan afhaal.
“Die houer vir 90 dae se voorraad sal die aantal kere verminder wat die pasiënt vir medikasie na ’n kliniek moet gaan. Dit spaar pasiënte en kliniekpersoneel baie tyd.”
Johnson het gesê TLD word wêreldwyd beskou as die beste medikasie vir die behandeling van MIV in die meerderheid pasiënte.
“Dié medikasie het minder newe-effekte en is meer geneig om meer te bereik. Dit sal die lewens van mense met MIV verbeter, terwyl TLD ‘n reusevoordeel vir Namibië en die individue inhou wat die medikasie gebruik,” het sy gesê.
Die oorskakeling na TLD word moontlik gemaak deur die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) met die ondersteuning van die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en –voorkoming (CDC) en die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling (Usaid).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie