Gevangenis-opstande brei uit
Brasilië
Brasiliaanse polisie het dosyne gevangenes van die dak van ‘n gevangenis verwyder waar 26 aangehoudenes die naweek in ‘n reeks dodelike opstande vermoor is.
Die gevangenes het Maandag op die dak van die Alcacuz-gevangenis naby die noordoostelike stad Natal geklim.
Baie van die gevangenes wat dood is, is onthoof, het amptenare gesê.
Die selle was nie vir die nag gesluit nie, omdat die tralies wat tydens ‘n vorige opstand in 2015 uitgeruk is, nie herstel of vervang is nie.
Dit was die derde groot menseslagting in Brasilië se oorvol tronke die maand. Vermeende dwelmbendes was by die opstande betrokke.
Die menseregtegroep, Amnestie Internasionaal, het Maandag vir ‘n onafhanklike ondersoek na die opstand gevra. Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie