Gevalle van geslagsgeweld neem toe
Gevalle van geslagsgeweld neem toe

Gevalle van geslagsgeweld neem toe

Henriette Lamprecht
Die graad van geweld teen vroue en meisies in Namibië het sulke afmetings afgeneem dat dit enige vooruitgang uitskakel wat met die bemagtiging van vroue gemaak is.
Sowat 70% van kriminele sake wat in 2016 by die hoërhof in Windhoek geregistreer is, was aan geslagsgeweld verwant.
Volgens die uitvoerende direkteur van Vroue-aksie vir ontwikkeling (WAD) is dit ’n duidelike aanduiding dat geslagsgebaseerde geweld gevalle van geweldsmisdaad in Namibië oorheers. Mnr. Saltiel Shinedima het met die aanvang van die 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld gemaan baie vroue is vasgevang en bang om hulp te soek.
“Ons het mans nodig wat gereed is om ’n kultuur van respek vir vroue te kweek en die onreg in ons gemeenskappe reg te stel wat vir generasies teen vroue gepleeg is.”

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer