Gevalle styg met 41%, moontlike aanvang van vierde golf
Die aantal Covid-gevalle in die land het binne 'n dag met 41% gestyg. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, kan dit moontlik op die aanvang van die vierde golf in die land dui. Gister is 81 gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 4,5%. Die meeste van die gevalle is weer in Khomas aangemeld en sluit tien studente, vier gesondheidswerkers, twee leerlinge en een onderwyser in. Die aktiewe gevalle is nou 239 (op met 32%) waarvan 16 in die hospitaal en een in die ICU is. Tot op hede het 372 139 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 313 221 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 97,2% en die sterftesyfer bly op 3 473.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie