Gevalle styg met 152, sterftes met een
Gevalle styg met 152, sterftes met een

Gevalle styg met 152, sterftes met een

Henriette Lamprecht
Uit die 1 822 weefselmonsters wat getoets is, het 152 positief vir Covid-19 getoets. Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is 84 vroue en 68 mans. Die jongste is een jaar oud en die oudste 77 jaar oud. Uit die 152 nuwe gevalle was 97 in Windhoek, 18 in Swakopmund, vier in Walvisbaai, een in Omaruru, 13 in Oshakati, 10 in Keetmanshoop, drie in Lüderitz, twee in Engela en een elk in onderskeidelik Eenhana, Rehoboth, Mariental en Onandjokwe. Die getal bevestigde gevalle staan nou op 7 844.

Uit die bevestigde gevalle is 333 gesondheidswerkers waarvan 223 (67%) in die staat, 109 (32,7%) privaat en een verbonde aan 'n nie-regeringsorganisasie is. Dit verteenwoordig 4,2% van die totale gevalle. Die meeste van die gesondheidswerkers is in die Khomasstreek en wel 227, gevolg deur die 51 in die Erongostreek.

'n Covid-19-verwante sterfte is in die Khomasstreek in Windhoek aangeteken en wel die van 'n 60-jarige man. Hy het geen onderliggende mediese toestande gehad nie. Dit bring die getal sterftes op 82 te staan.

Nog 75 mense het herstel wat die totaal op 3 454 te staan bring. Dit sluit 39 in //Kharas, 26 in Oshana, nege in Hardap en een in Oshikoto in. Uit die huidige 4 308 aktiewe gevalle is 30 in 'n baie ernstige of kritieke toestand. In die Erongostreek is vyf gevalle kritiek, terwyl 20 gevalle in die Khomasstreek baie ernstig en vyf gevalle kritiek is.

Tot op hede is 64 269 weefselmonsters getoets, 8 666 kontakte word gemonitor en 1 649 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2025-05-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer