Gevalle in Kavango-Oos styg met 138%
President Hage Geingob het vanmiddag gesê Namibië het huidig 4 441 aktiewe Covid-19-gevalle, met 4 898 uit die totaal aangemelde gevalle van 9 437 in die land wat herstel het. Die totale sterftes staan nou op 98 en sluit twee gesondheidswerkers in.
Volgens Geingob is die getal nuwe gevalle per dag besig om af te neem van ‘n gemiddeld van 227 sedert 29 Augustus tot 181 gevalle per dag. Gevalle in Erongo het met 50% afgeneem, Khomas met 24%, Omusati met 38% en Oshana met 32%.
Geingob sê dit kan toegeskryf word aan ‘n oordragkoers wat afneem, sowel as maatreëls wat ingestel is om die pandemie in die land te takel.
Streke wat vroeër egter min gevalle aangeteken het, se gevalle styg met nuwe gevalle in Kavango-Oos wat met 138%, in Otjizondjupa met 78%, met 69% in //Kharas en met 40% in Hardap gestyg het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie