Getuie sê Dippenaar het gejaag

20 September 2019 | Howe
Erwin Leuschner – Die saak teen die moordbeskuldigde mnr. Jandré Dippenaar is tot volgende jaar uitgestel.

Woensdag het die laaste staatsgetuie in die streekhof op Swakopmund teen hom getuig.

Volgens mnr. Ronnie van Zyl, wat in die getuiebank was, het hy en sy gesin op die C34 van Swakopmund af na Hentiesbaai gery toe hy kort voor die afdraai voor Myl 32 die Toyota FJ Cruiser vir die eerste keer in sy truspieël gesien het. Dippenaar was glo die bestuurder.

Die Cruiser het eers ’n wit bakkie, wat agter Van Zyl gery het, verbygesteek en kort daarna het hy glo teen ’n hoë spoed by Van Zyl verbygery voor hy by nog ‘n rooi bakkie verby is, wat voor Van Zyl in dieselfde rigting op pad was.

“Die bestuurder van die bakkie moes rem om plek vir die Cruiser te maak. Dit was op ’n heuwel. Beide voertuie het sekondes later agter die heuwel verdwyn,” het Van Zyl gesê.

Hy het die spoed van die Cruiser tydens die verbysteek op 160 km/h geskat.

Volgens Van Zyl het hy by Myl 32 afgedraai en op die strand verder gery. Hy het later weer op die C34 geklim waar hy ‘n ambulans gesien het wat in die rigting van Swakopmund gery het. Hy het ook rook op die horison gesien.

Van Zyl het self in die rigting van Swakopmund gery en op die ongeluk afgekom waar hy die vlamme van die brandende Cruiser help blus het, het hy getuig.

Soortgelyk

 

Weduwee en haar eks lank tronk toe vir moord...

12 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Rachel Rittman (48) en haar 35-jarige eks, Ryno du Preez, is vanoggend onderskeidelik lewenslange tronkstraf en 30 jaar opgelê vir die moord...

Spuite, pille nie by klinieke

23 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Tekorte aan voorbehoedmiddels wat voorbehoedpille en –inspuitings insluit, word tans by openbare gesondheidsgeriewe in die land ondervind.Die direkteur van die ministerie van...

Sakkepakke op Lüderitz

23 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die eerste trein in meer as 20 jaar het Lüderitz in Augustus vanjaar binnegery. Die trein, wat uit twee lokomotiewe en 20...

Gróót oë op Jan Taks

23 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré DuddyVerbruikers wat voortaan BTW van 15% op suiker sal moet betaal, is een van die rits belastingaankondigings wat in vanmiddag se halfjaar-begrotingshersiening verwag word.Kenners...

Drie dae, sewe kinders glo verkrag

23 ure gelede | Misdaad

Sewe minderjarige meisies, waarvan die jongste vier en die oudste 15 jaar oud is, het na bewering binne ’n kwessie van drie dae die jongste...

Pushing the boundaries

23 ure gelede | Skole

Ester Kamati “I enjoy coming up with ideas, often random, often impractical, but occasionally valuable,” says young businesswoman of the year Hilja Eelu. Eelu is...

Children need to move

23 ure gelede | Onderwys

Children spend the majority of their day sedentary, behind desks or in front of a screen.The power of movement has been stolen from these children....

Weer vir 22 Oktober

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Noordooste, andersins sonnig en baie tot bloedig warm. Winderige toestande sal oor die binneland voortduur. KUS: Gedeeltelik...

Elke refleks ’n spesifieke doel

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Primitiewe refleksbewegings wat baba vanaf bevrugting en dwarsdeur hul eerste lewensjaar uitvoer, bedraad die brein en versterk die liggaam.Vir elke refleks is...