Gestremdes misbruik in grondaansoeke

Reuse-aanvraag na gedienste erwe

31 August 2018 | Plaaslik
Barry de Klerk - Die Windhoekse munisipaliteit sê mense met gestremd­hede moet op hul hoede wees vir misbruik tydens grondaansoeke in die hoofstad.

“Eiendomsontwikkelaars gebruik gestremde lede van die publiek in hul aansoek vir grond onder die vaandel dat die projek ­werksgeleenthede aan gestremdes verskaf en hul lewenstandaarde verhoog,” sê die raadslid me. Hileni Ulumbu.

Wanneer verdere ondersoek ingestel word na die eienaarskap van genoemde maatskappye, blyk dit die mense wat so gebruik word, is nie eens deel van die betrokke maatskappy nie, het Ulumbu gesê.

Sy het erken die munisi­paliteit staar 'n reuse-­uitdaging in die gesig om in die aanvraag na gedienste erwe te voorsien.

Volgens Ulumbu word 'n standaardtoekenningsprosedure vir gestremde mense in ooreenstemming met die munisipaliteit se beleidsrigtings gebruik. Dit sluit onder meer in dat die voornemende koper by die munisipaliteit as gestremd geregistreer moet wees, asook geskrewe bewyse van 'n mediese praktisyn sowel as registrasie by die Vereniging vir Gestremdes wat dit as ­permanente toestand bevestig.

Die aansoekers moet ook bewys dat hulle die grond kan bekostig. Sou hulle geen inkomste verdien nie, moet hulle 'n bewys van finansiering aanheg.

Ulumbu, self 'n gestremde, het beklemtoon alle inwoners kan in gelyke maat vir grond aansoek doen, maar het gemaan prosedures kan nie ten gunste van sekere lede van die publiek omseil word nie.

Sy sê hoewel daar min beskikbare gedienste grond in Windhoek be­skikbaar is, beteken dit nie besighede moet dit op agterbakse wyse in die hande probeer kry nie.

“Die onsensitiwiteit van sekere mense in ons same­lewing is onaanvaarbaar en dit moet onmiddellik stop,” het Ulumbu gesê.

Tenderdokumente moet volledig en betyds volgens die voorgeskrewe sluitingsdatum ingehandig word.

“Dit het al verskeie kere gebeur dat mense die raad nader vir uitstel en ­spesiale behandeling. Dit sal nie geduld word nie.

“Die verbetering van die lewenstandaarde van al ons inwoners is vir die munisipaliteit 'n priori­teit. Ons sal daarom voortgaan om die uitwissing van ­sosioëkonomiese ongelykhede te prioritiseer en verseker dat ons inwoners met gestremdhede erken word in die toekenning van grond.”

Sy het mense met gestremdhede gemaan om op hul hoede te wees vir dié met “duister motiewe” wat enigiets sal doen om grond vir eiendomsontwikkeling te bekom, “net om voorheen benadeeldes in die steek te laat wanneer hulle klaar hul maksimum wins uit die grond en eiendom gemaak het”.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

1 dag gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

1 dag gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

1 dag gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

1 dag gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

1 dag gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...