Gestremde man slaan 8-jarige oor kop
Die polisie ondersoek steeds die voorvalle waar twee liggame op straat gevind is.
’n Agtjarige is Saterdag in Otavi dood nadat ’n 49-jarige verstandelik gestremde man na bewering die kind met ’n stok oor die kop geslaan het. Die kind het glo erg gebloei en is na die Otavi-kliniek geneem. Volgens die verslag is die kind met aankoms by die kliniek dood.
Die voorval het omstreeks 16:50 in die Otavi Saamstaan- informele nedersetting plaasgevind terwyl die kind saam met ander kinders in die straat gespeel het.
Sersant glo in hegtenis geneem
’n Polisiebeampte het na bewering Vrydag omstreeks 19:19 ’n voetganger in Katutura geskiet.
Die polisiebeampte was glo nie aan diens nie, maar het binne die erf van die Single Quarter-polisiekaserne gestaan toe die oorledene verbygeloop het. Hy het glo die man geroep, maar die man het geweier om nader te kom.
Volgens die verslag het hy hom onderskeidelik een keer in die nek en maag geskiet. Hy is glo in die Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem en is in ’n stabiele toestand. Die 35-jarige sersant is in hegtenis geneem.
Messtekery voor kroeg
Die 23-jarige Hans Somseb is glo Saterdag op Otavi voor die TMT-kroeg in Khoaebstraat met ’n mes in die nek en bors gesteek. Volgens die verslag is hy opslag dood. “Die motief is steeds onduidelik, maar ’n 20-jarige verdagte is in hegtenis geneem,” lui die verslag.
Twee lyke op straat
’n Lyk is glo Saterdag in Wanaheda gevind.
Volgens die verslag het die man, wat later as Josephat Ekandjo (27) geïdentifiseer is, steekwonde in sy bors gehad.
Die liggaam was na bewering langs Monte Cristostraat naby Havana gevind.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort.
’n 45-jarige man is na bewering Saterdag omstreeks 01:40 in Ngatuwanestraat in Mondesa op die grond gevind. Hy het glo verskeie steekwonde gehad.
Volgens die verslag is hy hospitaal toe geneem, maar hy is in die hospitaal dood.
Vier verdagtes word glo in verband met die voorval ondervra.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie