Gestopte koeskoeshoender
Gestopte koeskoeshoender

Gestopte koeskoeshoender

HOENDER

1 groot heel hoender

sout en vars gemaalde swartpeper

ekstra olyfolie

VULSEL

500 ml (2 k) gaar koeskoes

45 ml (3 e) olyfolie

60 ml (¼ k) rosyntjies

60 ml (¼ k) kasjoeneute, gerooster en grof gekap

60 ml (¼ k) vars koljanderblare, gekap

5 ml (1 t) fyn komyn

sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 230 °C.

Geur die hoender met sout en peper en smeer met die olyfolie.

VULSEL Meng al die bestanddele vir die vulsel; geur met sout en vars gemaalde peper. Stop die buikholte van die hoender stewig met die vulsel; bind die hoender vas met tou.

Rooster 15 minute, verlaag die hitte tot 160 °C en oondbraai nog 45-60 minute of tot die hoender gaar en sappig is. Sit voor saam met slaai. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-07-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer