Gesprekke by binnelandse sake
Ek is gerat met ’n bottel, ’n dummy, ’n pram, genoeg doeke vir enige glips, maar ek vergeet iets baie belangriks by die huis . . . geduld. En al het ek daardie oggend alles by die huis vergeet, sou ’n nat, honger baba steeds nie die moeilikste ervaring vir die dag gewees het nie.
Binnelandse sake is seker die plek waar ek die minste wil wees. Ek staan eerder maandeinde in Desember in ’n bank se ry.
“Gaan staan in daardie ry,” sê die sekuriteitswag.
Ek probeer aan hom verduidelik hulle laat my altyd in die Suid-Afrikaanse ry staan, maar met my Namibiese paspoort en identiteitsdokument sê hy vir my ek is ’n Namibiër – asof ek nie daarvan bewus was nie.
Twee ure sonder lugverkoeling later: “Mevrou, jy moet in die Suid-Afrikaanse ry gaan staan.”
Ek antwoord ek is ’n Namibiër en wys my naturaliseringsertifikaat.
“Dis nie voldoende nie,” sê sy. Ek gaan druk by die Suid-Afrikaanse ry in.
“Back in line!” gil iemand, maar ek het haar aangegluur, wat haar mooi laat verstaan het dit gaan nie gebeur nie.
Baba word in Hammelie se arms gedruk om sy paspoort te behartig.
“Waar is die ma van hierdie kind?” word daar eers gegil en ek skarrel vinnig na ’n ander hokkie toe waar ek hom teen die glashokkie moet druk sodat hulle kan vasstel dat hy regtig die baba is vir wie aansoek gedoen word.
Terug in my eie ry word ek meegedeel my dokumente is nie reg nie.
“Wat kort ek?” wil ek weet.
Sy sê ’n geboortesertifikaat. Nou ek is jammer, dit is Paspoortaansoek 101 daai. Ek wys haar die sertifikaat.
“Not that one,” snou sy my toe. Dan nou watter een, wil ek weet. “Daai een is nie geldig nie. Hy het verval. Jy kort ’n Namibiese geboortesertfikaat.”
Dis asof sy met my Frans praat.
“Dit sal moeilik wees, siende dat ek een, in die Suid-Afrikaanse ry staan en twee, dat ek nie in Namibië gebore is nie. ’n Derde punt sal wees dat ek ook voor onafhanklikheid gebore is.”
Sy roep die volgende persoon en ek neem aan hier gaan ek nie vandag regkom nie. Die volgende dag is ek terug. “Jou ouers se huweliksertifikaat is uitstaande.”
Ek is nog meer verward as die vorige dag. Ek wys vir haar dat dit nie een van die vereiste dokumente is nie en sy kan my ook nie sê hoekom sy dit soek nie.
Ek wys haar ek is in besit van ’n Namibiese paspoort en ek het nie die vorige keer soveel dokumente nodig gehad nie. “Ek kan jou nie help nie,” was haar laaste antwoord.
Ek gaan die dag daarná terug en bid vir iemand anders.
“Mevrou, jy het nie al hierdie dokumente nodig nie,” deel sy my mee, en ek weet nie of ek verlig moet wees of moet gil nie.
Twee maande later het ek my paspoort in my hand, my baba ongelukkig nie, want hy het nie kontakbesonderhede nie en die kontakbesonderhede van sy ouers is nie voldoende nie. So, ons wag nog.
Gelukkig was ek nie, soos die ander man in die ry, twee keer ’n vrou op sy paspoort nie, kompleet met verkeerde foto. Een keer was hy sommer tien jaar jonger as nou.
Ek kon dalk ook die mamma gewees het wat nie op haar seuns se paspoorte kan invul hulle is rooikoppe nie, want “rooi hare is nie natuurlik nie”.
As binnelandse sake vanjaar jou voorland is, wees bly paspoorte is nou tien jaar geldig. Dalk teen die volgende dekade gaan dinge makliker.
Gelukkig is daar altyd ’n storie om te vertel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie